Tiener gooi glo seuntjie van museum se balkon

Die polisie Sondag buite die Tate Modern. (Foto: Yui Mok, AP)

ʼn Tiener word Maandag deur die polisie ondervra nadat ʼn sesjarige seuntjie die afgelope naweek van die tiende verdieping van die Tate Modern-kunsmuseum in Londen gegooi is.

BBC berig die seuntjie het Sondag op die vyfde verdieping van dié bekende Britse kunsmuseum te lande gekom nadat ʼn tienerseun (17) hom glo van ʼn besigtigingsplatform gegooi het. Die seuntjie is tans in ʼn kritieke dog stabiele toestand.

Volgens ʼn ooggetuie kon daar ten tyde van die voorval ʼn harde slag gehoor word voordat ʼn vrou uitgeskree het: “Waar is my seun? Waar is my seun?”

The Mirror berig die voorval het om en by 14:40 gebeur.

Die kunsmuseum is inderhaas ná die kind se val gesluit en besoekers was binne die kunsmuseum vasgekeer. Talle omstanders het geskree terwyl die tiener saam met die omstanders op die besigtigingsplatform gebly het.

Polisielede Sondag buite die Tate Modern. (Foto: Yui Mok, AP)

Die nodige owerhede is na die kunsmuseum ontbied waar paramedici die seuntjie op die toneel behandel het voordat hy na ʼn hospitaal per lugambulans vervoer is.

Volgens ʼn woordvoerder van die polisie is daar “niks wat daarop dui dat [die verdagte] aan die slagoffer bekend is nie”.

Die tiener is by die kunsmuseum in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en is sedertdien in aanhouding.

Die Tate Modern-kunsmuseum is een van Londen se gewildste toeristebestemmings met sowat 5,9 miljoen besoekers verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kleintje ·

Ja , nee heeltemal onderstebo en vol onheil. Hoop die kind herstel gou.

Sakkie ·

Hoop die kind oorleef dit. Geen kind verdien om so iets oor te kom nie. Wat sou iemand besiel om so iets te doen.

Melanie Capazorio ·

Ek lees die berig 2 dan 3 keer om seker te maak ek lees reg
Wat op aarde sou deur so iemand se kop gaan om so iets te doen
Ongelooflik hartseer

Marisa ·

Liewe Hemel!! Wat sou daardie seun besiel het om so iets te doen???!

Die wêreld het MAL GEWORD!!!!

Ek hoop daardie arme seuntjie herstel ten volle. Ai tog…

M ·

Daai tiener kan bly wees. Ek sou hom daar afgeslinger het dat hy kan voel wat deur daai arme kind se kop moes gaan. Die pyn waarin hy is. Dis so onnodig. Siek. Onmenslik. Wat besiel n KIND om so iets aan n kleuter te doen??

TDW ·

Hierdie is vreeslik, en verseker nuuswaardig. Ek wonder net hoekom MM nie die transitoroof by ‘n petrolstasie in middelburg bekend gemaak het nie? ‘n Kliënt is in die kop geskiet en is kritiek, ‘n swanger vrou en haar 9 jarige dogter is raak geskiet, alles ten aanskoue van hul 3jarige seun. Dis goed wat hier by ons gebeur wat ons eerste moet van weet.

maryann ·

Al wat ons kan se is Kom Here Jesus Kom
Mense raak stapelgek

chris ·

Verban vuurwapens! Dis al hoe hierdie moordadigheid gestop gaan word.

Spikkels ·

Dan gaan daar net onwettige persone vuurwapens hê. Dit glad nie goeie voorstel nie.

Vra maar net ·

En hoe sou die verbanning van vuurwapens dié tragedie kon verhinder? Die tiener het nie eens ‘n vuurwapen gehad nie.
Klink my jy sê maar net na en weet nie regtig waaroor dit gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.