Tiener vas wat glo op betogers losbrand

Die betogings in Kenosha. (Foto: AP Photo/David Goldman)

ʼn 17-jarige tiener is in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy na bewering Dinsdagaand twee betogers tydens ’n betoging in die stad Kenosha doodgeskiet het. ’n Derde betoger is in die voorval gewond.

Betogings woed sedert die naweek in Kenosha, tussen Milwaukee en Chicago, nadat die plaaslike polisie ’n 29-jarige swart man Sondagaand in die rug geskiet het. Jacob Blake het die voorval oorleef, maar is nou gedeeltelik verlam nadat ʼn koeël sy rugmurg beskadig het. ʼn Video wat wys hoe die polisie Blake skiet terwyl hy in sy motor klim, is op sosiale media versprei. Blake is ná die voorval na ʼn hospitaal in die stad gehaas.

Jacob Blake (Foto: Courtesy Adria-Joi Watkins via AP)

Dit is tydens een van die betogings oor wat met Blake gebeur het dat die tiener, Kyle Rittenhouse, glo op betogers losgebrand het. Kyle is Woensdag in die dorp Antioch in Illinois, sowat 30 minute van Kenosha, in hegtenis geneem nadat ʼn video van dié skietery tydens Dinsdagaand se betoging versprei is.

Daar kan in die mees onlangse video gesien word hoe ʼn man, na bewering Rittenhouse, met ʼn geweer straat af hardloop terwyl verskeie ander hom agternasit om hom te vang. Die man val dan neer op die grond, draai om en vuur skote af op die mense wat hom probeer ontwapen.

Twee mense, onderskeidelik 26 en 36 jaar oud, is in die proses doodgeskiet terwyl ʼn derde (26) gewond is.

Blake se prokureur, Ben Crump, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê dit sal ʼn wonderwerk wees as Blake eendag weer sou kon loop. Sy familie beplan nou om die Kenosha-polisiedepartement te dagvaar.

Die betogings in Kenosha. (Foto: AP Photo/David Goldman)

Tony Evers, goewerneur van die stad, het intussen ’n noodtoestand in Kenosha verklaar en gesê soveel as 500 weermaglede sal in die stad se strate ontplooi word.

Kenosha het sowat 100 000 inwoners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Werner ·

Jy moet tog net nie die betogers se reg om als te verwoes en mense op straat aanval wegvat deur jouself en eiendom te beskerm nie. Hoe siek is die liberalisme nie. O ja en die onskuldige ou wat toe geskiet was het eintlik n mes wat in sy kar se sitplek was probeer bykom .Seker om vir die nare polissieman wat hom geskiet het n stuk biltong te sny .Die storie vd mes in die kar is op RT news

Kokerboom ·

Leer die VSA polisie ook nooit nie? Ons weet hul word getart maar ‘n meer diskressionere optrede veral in die BLM tyd sou gepas wees

M ·

Die polisie kan tog sekerlik nie agteroor sit nie. Hul moet hulself ook beskerm….

Hoekom ·

Hy was in ‘n struweling met die polisie en was gewapen met ‘n mes.

Prikkie ·

So, if you come to a gun fight armed with a knife, what did you expect?

Sarel ·

Maar Betogers aanvaar geen verantwoordelikheid nie. Waar vind dit nog plaas? Altyd Onskuldige skagoffers. Julle leer gou.

M ·

Hoekom word dit net bekend gemaak dat hy geskiet is maar nêrens word gemeld wat Blake gedoen het nie. Die polisie het sekerlik die reg om hulself ook te beskerm?? Hoor net altyd die eenkant van die storie…

Adam Adriaan ·

Ons lewe in ‘n tyd waar alle bestaande orde en dissipline deur linkse radikale sosioalistiese beginsels deur geweld op andersdenkende samelewings, met geweld afgeforseer word. Dit word deur indoktronasie mbv die media wêreld wyd. verkondig en in mense sek kele afgedruk, om hulle sienswyses te verander. Daarom geld die waarheid nie meer nie, maar slegs die leuen word aanvaar, soos by herhaling in die Woord voorspel. Dubbele standaarde geld op elke vlak. Kyk maar wat gebeur daagliks hier in ons eie landjie.

Hoekom ·

Hy was gewapen met ‘n mes en het homself verset teen die polisie. Hy was nie so onskuldig soos die media hom uitmaak nie.

As jou lewe in gevaar is weens betogers dan moet jy maar skiet anders rand hulle jou aan in die straat soos die man met die bakkie…

johanf ·

Kon die mes gesien word, hy was dan met sy rug na die polisieman toe…..

Leeuwyfie ·

1. Blake se vrou het die polisie ontbied. Hy was met ‘n mes gewapen, hy was al getazer, gevra om sy wapen te los, herhaaldelik gewaarsku, ens. Hy het in sy kar in gegryp, dit kon nog ‘n wapen wees. Die polisie het opgetree volgens omstandighede. Blake het al 3 sake teen hom gehad, waaronder een van verkragting van ‘n minderjarige.
2. Die betogings het die vorige aand al ontaard in ‘n oproer. Besighede is afgebrand, karre is beskadig, ens.
3. Die volgende dag was mense gewapen om die besighede te beskerm.
4. Videos is beskikbaar waar jy kan sien hoe Kyle met ‘n petrolbom gegooi word. Die man het hom toe agterna gesit, waarop Kyle sy eie lewe beskerm het. Dit was die eerste dood. Die mense het hom toe agternagesit toe hy probeer om na die polisie te hardloop. Hy het geval, die vandale wou hom aanval, hy het skote gevuur. Een wou hom ontwapen, dit was die 2de dood. ‘n Ander betoger het gekom om hom te skiet, Kyle kon eerste skiet. Dit was die beseerde.

Leeuwyfie ·

Die een wat beseer is word duidelik gesien met ‘n pistool nog in sy hand terwyl hy wag om gehelp te word.
Dis wat gebeur het.
Die meeste mense wat betoog het is deel van die betaalde antifa. Hulle is aangery. ‘n Beter storie sou wees om uit te vind wie betaal antifa(osf) en hoe baat hul daarby.
Die mense wat ‘n rasse oorlog wil begin moet nou ondersoek word.

johanf ·

Gewapen met ń mes……??? Sal maar wag vir die ondersoek, te min op video.
Wonder wanneer begin SA betoog…..

Keelvol ·

Die berig is misleidend. Die betogers het die 156jarige aangeval. Van hulle wou n petrolbom op hom gooi en een van die “betogers “ het n wapen by hom gehad. Kyk die video op Facebook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.