Tientalle dood ná ontploffings naby Afghaanse meisieskool

‘n Beseerde kom by ‘n hospitaal aan na die bomontploffings. (Foto: ZAKERIA HASHIMI/AFP)

Bomontploffings naby ʼn meisieskool in die Afghaanse hoofstad het tot die dood van minstens 50 mense gelei.

Tareq Arian, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het aan verslaggewers gesê ʼn motorbom het Saterdag voor die Sayed Al-Shuhada-skool ontplof, en toe die leerders in paniek uitgehardloop het, het nog twee bomme ontplof.

Hy het gesê meer as 100 mense is gewond, en bygevoeg dat die meeste slagoffers skoolmeisies was.

Geen groep het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar Afghaanse amptenare, onder wie pres. Ashraf Ghani, het die Taliban die skuld gegee.

“Die Taliban is agter dié aanval. Hulle het reeds voorheen soortgelyke aanvalle op onderwysinstellings uitgevoer,” het Arian gesê. Die Taliban het egter betrokkenheid ontken.

Die ontploffings het die westelike Kaboel-distrik Dasht-e-Barchi, ʼn gereelde teiken van Sunni-Islamitiese militante, geruk terwyl inwoners inkopies gedoen het voor volgende week se Eid ul-Fitr, die fees vir die eerste dag ná Ramadaan.

Die jongste aanval is uitgevoer te midde van die Amerikaanse weermag wat tans sy laaste troepe van 2 500 uit Afghanistan onttrek en wankelende vredespogings tussen die Taliban en die Afghaanse regering om ʼn dekades lange oorlog te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Wat se kaans het ‘n nie Muslim as selfs die verskilende Muslim groepe nie van makaar hou nie? Ek as miskien ‘n Katoliek sal miskien nie van ‘n pinkster kerk hou nie, maar ek gaan darem nie ‘n bom laat ontlpof, of mense by ‘n diens met ‘n geweer afmaai nie. The world is made up of differences…..live and let live!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.