‘Top Gun’ in die sop oor ‘kopieregskending’

Top Gun: Maverick

Die familie van die skrywer wie se artikel die Tom Cruise-rolprent Top Gun in 1986 geïnspireer het, het Paramount Pictures Maandag gedagvaar vir kopieregskending oor vanjaar se lokettreffer-opvolger Top Gun: Maverick.

Luidens die klag wat by die federale hof in Los Angeles ingedien is, het die Paramount Global-eenheid versuim om die regte op Ehud Yonay se 1983-artikel, genaamd “Top Guns”, van sy familie te hernieu voordat die opvolgverhaal vrygestel is.

Volgens Shosh Yonay en Yuval Yonay, wat in Israel woon en onderskeidelik Ehud se weduwee en seun is, het die regte op die artikel reeds in 2020 verval.

Die familie vereis met die regsgeding ongespesifiseerde skadevergoeding, waaronder ʼn gedeelte van die wins van Top Gun: Maverick en om Paramount te keer om die fliek of verdere opvolgreekse te versprei.

Paramount het ontken dat die opvolgrolprent op die oorspronklike artikel gebaseer is en sê die familie se eise is sonder meriete.

Top Gun: Maverick is vanjaar se grootste Box Office-lokettreffer, wat reeds $291 miljoen (R4,5 miljard) in Noord-Amerika en $548,6 miljoen (R8,5 miljard) wêreldwyd in die eerste tien dae van vrystelling geïn het.

In die tweede plek was Disney se Doctor Strange in the Multiverse of Madness, teen $9,3 miljoen (R144 miljoen). Die wêreldwye inkomsteskatting vir die Cumberbatch-rolprent het $750 miljoen (R11,7 miljard) oortref ná vyf weke.

Top Gun: Maverick hervat die storie van die Amerikaanse vloot-toetsvlieënier, Pete Maverick Mitchell (Cruise), waar hy jong vlieëniers oplei vir ʼn missie om ʼn kernaanleg aan te val.

The Guardian
New York Post
Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gaitsigubib ·

………….maar dit is tog n film wat ek eendag sal wil sien omdat dit nie besoedel is met al die woke twak wat deesdae in mens se keel afgedruk word nie. Die held se wingman hoef immers nie nelson mandela te wees om dit n goeie film te maak nie. Die inkomste uit die film is n bewys dat die mense smag om weg te kom van die hedendaagse Hollywood twak.

Martin ·

Geldgierige familie, nou wil almal eweskielik “a cut out of the deal” hê nadat daar geld betrokke is… Paramount Pictures moet daai familie sommer goed vas vat in die hof.

VaalDonkie ·

Paramount het nie kopiereg nie. Die ou verdien om vergoed te word. Mens hoef nie te dink hy’s ‘n ouderling nie, maar hy verdien om vergoed te word vir sy intellektuele eiendom. Dis hoe dit werk. Selfs al is hy opportunisties en al blaas hy al daai geld op vroue en drank.

Henri ·

“Volgens Shosh Yonay en Yuval Yonay, wat in Israel woon en onderskeidelik Ehud se weduwee en seun is, het die regte op die artikel reeds in 2020 verval.”

Maar as dít die geval is, het hulle geen voet om op te staan nie.

VaalDonkie ·

Hulle sou al voor 2020 met die fliek begin het. Maar ek het nie genoeg kennis oor kopiereg wetgewing om te oordeel nie. Sal interessant wees om te hoor wat die hof beslis.

Dup ·

Dit is jammer ons kan nie vir Top Gun kry om SA se misdadigers uit te sorteer nie.

Colin ·

En goed so ook. Ons kort ‘n bietjie vermaak in hierdie sombere wêreld. Ai tog A. Jy het darem maar ‘n hengse appeltjie te skil met die VSA? Jou Oosterse bondgenote is seker baie tevrede met jou veldtog teen Amreika en die Weste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.