Trump later vandag in beskuldigdebank

Donald Trump Maandag met sy aankoms in New York. (Foto: Ed JONES / AFP)

Donald Trump, voormalige Amerikaanse president, sal hom later vandag by ʼn hof in New York aanmeld waar hy in die beskuldigdebank sal moet verskyn. Die saak handel oor die swygbetaling wat glo weke voor die Amerikaanse verkiesing in 2016 aan ʼn pornoster gemaak is.

Trump sal na verwagting kort ná 14:15 Amerikaanse tyd voor regter Juan Merchan in die hof in Manhattan verskyn, waar die aanklag teen hom bekend gemaak sal word. Hy sal na verwagting onskuldig pleit.

Amerikaanse nuuskanale sal nié toegelaat word om die hofverrigting uit te saai nie, maar verslaggewers sal wel tyd gegun word om voor die verrigtinge foto’s van die oudpresident in die hofsaal te neem.

Verslaggewers wag Dinsdag buite Trump Towers in Manhattan in afwagting op Donald Trump se hofverskyning. (Foto: Leonardo Munoz / AFP)

CNN berig Trump het reeds Maandag in New York aangekom waar hy op die vooraand van sy hofverskyning met sy prokureurs Susan Necheles en Joe Tacopina by Trump Towers in Manhattan vergader het.

Daar word verwag dat Trump se vingerafdrukke voor sy verskyning later vandag geneem sal word. Daar kan moontlik ook ʼn gesigfoto (“mugshot”) van die oudpresident geneem word voordat hy in die hof moet verskyn.

Verslaggewers wag Dinsdag buite Trump Towers in Manhattan in afwagting op Donald Trump se hofverskyning. (Foto: Yasushi kaneko / Yomiuri / The Yomiuri Shimbun via AFP)

Trump sal wel nié in boeie geslaan word nie, het Tacopina verseker.

“President Trump sal nie ʼn pleitooreenkoms in hierdie saak aangaan nie. Dit gaan nie gebeur nie. Daar is geen misdaad nie,” het Tacopina in die aanloop tot die hofverskyning aan NBC se Today Show gesê.

Trump sal na verwagting ná sy verskyning na Florida terugkeer en beplan om binne ure ʼn toespraak by Mar-a-Lago, sy woning in Florida, te maak.

Dit is moeilik om in hierdie stadium te bespiegel of tronkstraf Trump in die gesig staar aangesien dit steeds nie duidelik is presies waarvan die oudpresident aangekla word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thom ·

Niemand is verhewe bo die reg nie __ ook nie narre en komediante nie .

Groen Ghoen ·

Dit is alles massiewe gratis publisiteit vir mnr. Trump. Nog nie ‘n enkele klagte wat teen hom ingedien is, selfs deur die Kongres, het bly staan nie. Hy buit ook hierdie baie swak klag teen hom uit, en dit gaan vir hom weer in die Withuis besorg. Maak maar die somme: Terwyl Trump president was, was daar ekonomiese groei en vrede. Biden en diegene wat vir hom manipuleer, het chaos veroorsaak met triljoene Dollar se skuld en die aanblaas van oorlog net waar hulle kan. Ook S.A. ly daaronder.

Nommer 7 ·

Groen Ghoen, nie waar nie. USA GDP Growth rate: 2016 =1.67%, 2017=2,24%, 2018 =2,95%, 2019 =2,29%, 2020 =minus 2,77%, 2021= 5,95%, 2022 =2,6%.

Groen Ghoen ·

Jy is welkom, Nommer 7: Die gemiddelde jaarlikse reële groei in BBP vir die VSA tydens Trump se jare as president (2016, 2017, 2018, 2019) was 2.3%. COVID het in 2020 toegeslaan, en is statisties gesproke ‘n uitskieter. Biden het die globale ekonomie verwoes met sy triljoene Dollar se druk van papiergeld. Nou is daar inflasie, en rentekoerse styg. Banke vou…. Oor ‘n jaar of drie wissel ons dalk weer gedagtes, hoop vir ons onthalwe dat jy en Biden korrek is!

piet ·

Trump het op Obama se sukses se rug gery, eintlik het hy net die tendens wat Obama begin het in ‘n mate, volgehou. Alle lander dinge het egter in ‘n katastrofe geeindig met al die ander wereldleiers wat hy die harnas ingejaag het en welke betrekkinge Biden weer moes blink poets.

Fran ·

Ironies dat Biden en sy dwelmseun wegkom met korrupsie en geldwassery maar hulle gaan agter Trump aan om hom uit die Presidentswedloop uit te hou want die demokrate en korrupte media weet hulle gaan verloor! Siek Amerika!

Nommer 7 ·

Fran, ironies dat geen een van die 332 miljoen VSA burgers al ‘n klag teen Biden en seun ingedien het nie. Weet u iets wat VSA se burgers nie weet nie?

Gawie ·

Net vreemd dat daar nog geen bewyse van die sogenaamde korrupsie en geldwassery vorendag gekom het nie – behalwe as jy The Donald se leuens as bewyse ag.

Hendrik ·

Bring die bewyse dat Biden korrup is – dis seker wop dieselfde plek as al die verkiesingsbedrog bewyse.

piet ·

Die trompoppies (Trump se tjeerleeders) maak hierdie goed op soos dit hulle pas.

Barney ·

Daar kan nie na hom verwys word as President Trump nie. Hy is nie die president nie

Harley Davidson ·

Die beste president wat die VSA ooit gehad het en die beste leier van enige land in die wêreld vandag.

Papsak ·

Daar niks fout met Trump nie hy is n beter president as wat SA op die oomblik het

Republikein in die Wes Kaap ·

Selfs Zelinski is beter as die ANC se beste.

Lillian ·

Hoe kan hy eers uitvind waarvoor hy aangekla word as hy vóór die regter staan? Dis mos nou absurd! Glo elke geval nie dat hy skuldig is nie. Hy praat die waarheid wat nog altyd ‘n bitter pil was vir enigiemand om te sluk

Hans ·

Mense wat kommentaar lewer sonder dat hulle die waarheid ken. Trump se morele waardes is ver bo Biden en sy gevolg!

Annelie ·

Donald Trump was die beste president wat Amerika ooit gehad het Weet nie waar het hulle aan Biden gekom nie. Kyk net in watse krisis is Amerika se grense oor onwettige immigrante…sou nooit gebeur het in Trump se tyd nie. Dis maar net om hom uit die verkiesing te hou en om hulle soewereiniteit aan die WGO oor te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.