Trump se verhoor begin

Oudpres. Donald Trump se verhoor het Dinsdag begin. (Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP)

Die verhoor van oudpres. Donald Trump, wat vir ʼn tweede keer in ʼn staat van beskuldiging geplaas is, het Dinsdag in die senaat begin met aangrypende beeldmateriaal van die aanval op die kongresgebou, maar Republikeinse senators het duidelik gemaak hoe moeilik dit gaan wees om hom skuldig te bevind.

Senators het 56-44 ten gunste van die grondwetlikheid van die geskiedkundige verhoor gestem en het ʼn poging deur Trump se regspan – dat wetgewers nie ʼn oudpresident kan verhoor nie – verwerp. Die stemmery het plaasgevind voordat die hoofverhoor na verwagting vandag (Woensdag) begin. Ses Republikeine het by die 50 Demokrate in die eweredig verdeelde senaat aangesluit.

Die uitslag het benadruk dat dit bykans onmoontlik gaan wees om ʼn tweederde meerderheid te verkry. Dit sou beteken 17 Republikeine moet hulle skaar by die Demokrate – die getalle wat nodig is om Trump skuldig te bevind dat hy opstand aangehits het.

Albei kante het vroeër hul openingsbetoë gelewer. Die Demokrate voer aan Trump het sy eed verbreek om mag te behou nadat hy die November-verkiesing teen Joe Biden verloor het. Hulle voer aan nadat Trump geweier het om die nederlaag te aanvaar, het hy leuens versprei oor verkiesingsknoeiery en druk op amptenare geplaas om die oordrag van mag te stuit.

Op 6 Januarie het hy aan ʼn skare gesê om te baklei en die diefstal te stop, waarna die kongresgebou bestorm is.

“As die kongres net terugstaan en toekyk na sulke ongelooflike misdade teenoor die republiek, gaan dit toekomstige presidente nooi om hul mag sonder enige vrees vir aanspreeklikheid te gebruik,” het Joe Neguse, die Demokrate se bestuurder van die proses, gesê.

ʼn Video van die oproer het die senaat aangegryp. Senators wat die gebeure regstreeks beleef het toe hulle daardie dag na veiligheid moes vlug, het na die oorspronklike beeldmateriaal van Trump se toespraak en die aanval daarna gekyk.

Dit wys hoe ʼn skare pro-Trump-slagspreuke skreeu terwyl hulle deur deure bars, die polisie omsingel en vir die eerste in die geskiedenis die proses onderbreek waar die verkiesingsuitslag gesertifiseer is.

“As dit nie ʼn oortreding is nie, dan is daar nie ʼn oortreding soos ʼn staat van beskuldiging nie,” het Jamie Raskin, hoofbestuurder van die verhoorproses, gesê.

Raskin het teen die trane baklei toe hy vertel het hoe hy en sy gesin, wat saam met hom was om na die sertifisering te kyk, vasgekeer is en geluister het na die gehamer teen die deur.

“Dit kan nie die toekoms van Amerika wees nie,” het hy gesê.

Republikeinse senator James Inhofe het gesê die beeldmateriaal was “betreklik doeltreffend”. Die Demokrate het sekere beelde gekies wat diep tref, het hy gesê.

Trump se prokureur, David Schoen, voer egter aan die senaat het geen jurisdiksie om Trump te verhoor noudat hy nie meer president is nie. Hy het ook gewaarsku dat die staat van beskuldiging dreig om die land te laat skeur.

Sy regspan voer aan wat ook al Trump by die saamtrek gesê het, word beskerm ingevolg die reg op vryheid van spraak en kom nie neer op ʼn opdrag om die kongresgebou aan te val nie.

Die verhoor is ook ongemaklik vir sommige Republikeine wat self tydens die aanval na veiligheid moes vlug. Herinneringe aan die dag se chaos is oral, met duisende troepe van die nasionale wag steeds by die kongresgebou ontplooi.

Ten spyte van alles, is ʼn skuldigbevinding onwaarskynlik.

Groot getalle Republikeine steun Trump steeds en meningspeilings wys ʼn klein meerderheid van die land in die geheel glo dat Trump skuldig bevind moet word.

Indien Trump wel skuldig bevind word, sal die senaat ʼn eenvoudige stemming hou wat hom verbied om in die toekoms weer die amp van president te beklee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anti-Verkramp ·

Die kans dat hy wel weer as president sal staan, is in elk geval zero maak nie saak wat die uitslag is nie.

Stof ·

Mag broer Donald guns reg uit Vader se hand ontvang sodat sy beskuldigers sal verkrummel en met hete kole op die hoof gelaat sal word.

Cathaldus ·

Ja, maar Kamala-hulle staan vas agter die beweld van BLM en daar word niks daarvan gese nie. En watse gehuilery is dit hierdie. Is dit nou die nuwe manier om stemme te werf. As jy te swak is om jou eie emosies te beheer moet almal jou nou jammer kry? Bog!

Grassie ·

Die Yanks is in elk geval ‘n klomp tjankbalies. In TV programme waar oor gebeurtenisse in die verlede gepraat word sal omtrent elke deelnemer om die beurt bewoë raak en ‘n paar trane pink, selfs “geharde” speurders wat ‘n saak ondersoek het. Daar word gewoonlik ‘n snot-en-trane sessie in die programme ingewerk

Therese ·

Grassie, dis ook een van die eerste goed wat ‘n mens opmerk na ‘n rukkie in Australië.
Die (dikwels) krokodiltrane by enige en elke okkasie op televisie.
Joernaliste sal ook aanhou totdat hul ‘slagoffer’ die trane nie meer kan keer nie.
Na-apery van die VSA, of nugter weet wat, want ons Suid-Afrikaners is dit nie gewoond nie.

Piet ·

Mors van tyd. Hulle gaan nooit genoeg stemme hê nie. En al het hulle hom skuldig bevind gaan mens nie die genot kry van sy bedorwe tiener tantrums op Twitter nie.

Filistyn ·

Die dems is benoud – hulle wil net SEKER maak dat hy hom nie in 2024 weer beskikbaar stel nie.
Mooi so Donald Trump. Jy is ‘n man van formaat. Die eerste keer in die geskiedenis wat ‘n civilian in ‘n staat van beskuldiging geplaas word NA sy ampstermyn. Benoude katte maak benoude spronge.

Anti-Verkramp ·

Hy’t mos die gemors aangevang GEDURENDE sy ampstermyn. Dis nou soos ‘n ou wat geld steel by sy maatskappy en dan bedank en dink hy gaan nie later krimineel vervolg word nie. Kan mos nooit so werk nie.

Rupert Ashford ·

Ongrondwetlik, dubbele standaarde. En nou skryf (spog) hulle in Time Magazine dat daar wel ‘n tipe geknoeiery was…soos gese is in “Adapt or Die” so baie jare gelede: “Democracy se ….”

Genis ·

Kom ons wees eerlik hulle maar net vir Trump bykom, om almal weet die was n gekookery… Daar is nie n manier wat die ou “Klein Meisie Sniffer” op n eerbare manier gewen het nie.. Amerika se swaar tye kom… Nes almal gedink het Demokrasie is SA se redder, kyk waar is ons vandag… Ga

Mariana ·

Hy is klaar skuldig bevind maar hy sal vir baie Amerikaners steeds die beste ding bly wat met Amerika kon gebeur. Natuurlik sal die demokrate en liberale nie saamstem nie. Amerika gaan nog lang trane huil met Biden en sy kaders aan die stuur. As hulle gedink het Trump was sleg, gaan hulle nie gelukkig wees met hulle nuwe “gekookte verkiesings president” nie. Maar wat jy saai sal jy maai……kyk maar net hoe lyk SA nou……verval oral…….

Human ·

Die tjankkommando is weer in hulle volle glorie. Die VSA word nou vereenselfwig met die RSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.