Trump swyg tydens ondervraging

Donald Trump is Woensdag buite Trump Tower in New York gewaar. (Foto: STRINGER / AFP)

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag geweier om vrae oor beweerde bedrog by sy familie-onderneming onder eed te beantwoord.

Die oudpresident sê in ’n verklaring hy het “geen ander keuse” gehad nie as om Woensdag van sy swygreg gebruik te maak toe hy vir ses ure lank by die New Yorkse prokureur-generaal se kantoor in Manhattan onder eed ondervra is.

Dié ondervraging volg enkele dae nadat FBI-beamptes Maandag op sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida toegeslaan en na bewering bokse vol geklassifiseerde dokumente in polisievoertuie gelaai het.

“Ek het geweier om die vrae te beantwoord ingevolge die regte en voorregte wat aan elke burger onder die Verenigde State se grondwet verleen word,” sê Trump in ’n verklaring oor Woensdag se ondervraging in Manhattan.

“Wanneer jou familie, jou maatskappy en al die mense na aan jou die teikens word van ’n ongegronde, polities gemotiveerde heksejag wat ondersteun word deur prokureurs, aanklaers en die fopnuusmedia, het jy geen ander keuse nie.”

Letitia James, prokureur-generaal van New York, voer aan die Trump-organisasie het die waarde van eiendomme op bedrieglike wyse opgeblaas toe hy om banklenings aansoek gedoen het. In dieselfde asem het hy die waarde as minder as die gewaardeerde prys voorgehou wanneer dit tyd geword het om belasting daarop te betaal.

Die Manhattan-distriksprokureur se kantoor is intussen besig met ’n ondersoek van hul eie na die Trump-organisasie. Die ondersoek kan moontlik strafregtelike vervolging tot gevolg hê. Dié ondersoek kan ’n rede wees waarom Trump se regspan hom aangeraai het om sy swygreg uit te oefen.

‘Plant van bewyse’

Wetstoepassingsowerhede Maandag buite die Mar-a-Lago-landgoed in Florida. (Foto: Giorgio Viera / AFP)

Trump voer intussen aan dat die FBI moontlik gedurende hul onlangse klopjag by Mar-a-Lago bewyse “geplant” het.

Die oudpresident sê hy is ná die klopjag verbied om sy huis by Mar-a-Lago binne te gaan.

“Die FBI en ander [beamptes] van die federale regering wou niemand, ook nie my prokureurs nie, toelaat naby die plekke wat hulle deursoek het nie,” sê Trump in ’n inskrywing op sy Truth Social-platform.

“Almal is gevra om die perseel te verlaat. Hulle wou alleen gelaat word, sonder enige getuies om te sien wat hulle doen, neem of, hopelik nie, ‘plant’.”

Daar word beweer dat die klopjag verband hou met die moontlike wanhantering van geklassifiseerde dokumente wat na Mar-a-Lago gestuur is nadat Trump die Withuis in Januarie verlede jaar verlaat het.

Die Amerikaanse departement van justisie het egter nog geen rede vir Maandag se klopjag verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Miskruier ·

Alles in politiek is n vuilspel. Nie een politikus het skoon hande nie.

Samuel ·

Daarmee kan ek saamstem, Miskruier. Geen politikus het skoon hande nie.

krodedil ·

Lyk my die FBI kan net so min vertrou word as ons eie polisie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Enige sakeman wat die Belastinggaarder gelukkig wil hou is ‘n swak sakeman en is gedoem tot mislukking.

Hendrik ·

Enige president wat belasting onwettig ontduik of ontduik het, moet vervolg word.

Pieter9 ·

So lyk Demokrate, korrup soos die FBI.. Hoop dat Trump ook hierdie poging, soos al die ander, sal oorkom. Sal goed wees indien hy weer President word… Tyd dat Republikeine oorneem.

Hendrik ·

DIe slegste ding wat vir die republikeine kan gebeur, is as Trump weer staan. Dan gaan hulle verseker weer verloor.

VaalDonkie ·

Hulle haat hom rerig. En hulle is duidelik vrek bang hy word weer president. Seker maar oor hy niemand iets skuld nie en ook nie afgepers kan word met fototjies of iets nie.

Hendrik ·

Trump is eerder die bang een – waarom bly hy stil as vrae oor sy belasting gevra word? As hy niks verkeerd gedoen het nie, hoef hy mos nie stil te bly nie?!

Ian ·

My opinie is dat as jou woning deursoek word dat jy as eienaar kan bystaan en sien hoe hulle jou hele huis omkeer. Byde partye lyk maar skuldig amper soos politieke vuilspel en toesmeerdery.

Republikein in die Wes Kaap ·

En dan kan hulle doen wat hulle wil. Sommer koffie maak ook.

Gawie ·

Hoekom swyg hy? Hy het dan nog redelik onlangs self gesê dat mens nie hoef te swyg as jy weet jy is onskuldig nie. Beteken dit hy weet hy is skuldig, en gaan hy nou weer met nog ‘n klomp leuens homself probeer verdedig?
Sterkte aan die Amerikaners wat met dié ou moet saamleef!

Roek ·

Nie te lank terug nie het sommige mense AK’s in ET se mielieland begrawe , toe hulle toeslaan kon hulle self nie die plek waar hul geplant het kry nie toe het ET se werker vir hulle gaan wys waar hy hul dit sien doen het …. dit was baie snaaks !!

Frikkels ·

Heksejag 1000! Biden kom mos baie goed oor die weg met ons kaders. Dit is niks anders as afgunstigheid nie. Hulle is so bang Trump wen die verkiesing in 2024, en die mense wat vir Biden gestem het se ogies begin ook oopgaan. Ou Biden is ñ agterlike onderkruiper!

Gaitsigubib ·

Die FBI moet, nie net geen vooroordeel teen sommige burgers he nie, maar moet selfs nie die voorkoms van vooroordeel he nie. Die val van geregtigheid en die bewapening van die gereg teen n segment van die samelewing is die deur na n piesang regering. Mens wonder, as die FBI so graag n president wou ondersoek, waarom hulle nie na Hunter Biden kyk, wat videos vervaardig met prostitute terwyl hy aan sy crack pyp teug en geld aanstuur na die “Big Man”! Dis alles op sy laptop wat al 3 jaar in die FBI se besit is. As daar inligting uit die withuis verdwyn, waarom “raid” hulle nie Hillary Clinton se huis nadat sy haar rekenaars verwoes het nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Sê maar niks oor regter Reinhard wat die lasbrief uitgereik het nie. Vreemde kliënte gehad…

Gaitsigubib ·

Jip, jy het weer ‘n punt beet! Hy het Jeffery Epstein se assosiate verdedig voor hy ‘n regter was. Mens wonder of die FBI dalk n hefboom teen hom gehad het? Ons sal nie weet nie, want Ghislaine Maxwell wil nie praat nie. Wie betaal haar om haar mond te snoer? As Trump nie wen nie sal daar niks verder ondersoek word nie, die ystergordyn sal sak, aborsies sal weer gepromoveer word, die LBGTQ agenda en “critical race theory” gaan aan kinders afgesmeer word. n Totalitere Wereld Regering sal mooi op dreef kom -‘n NWO waarin geen vryheid is nie en heidene regeer.

Strandloper ·

Trump is n man van staal. Wens ons het sy kaliber gehad

Neal ·

Interessant hoe die hele wêreld die heeltyd teen hom is. Dis die een krisis na die ander een. Hy het boonop hoogverraad gepleeg en moet gestraf word

annie ·

Sorossisme en ‘fake news’ het die VSA gekaap om ‘n eenpartystaat te vorm vir New Age-ers wat almal dieselfde dink, doen en glo. Snaaks genoeg kies hul toe ‘n fabelagtige tot-hemelrykende simboliese Bybelse stad, Babel, as hoofhool…. ‘1984’ het die nuwe pes voorspel en dinge wat gaan kom. Zollýý is die poppeteater se droom-‘fake’-lyer aan die Nuwe Wêreld-sindroom. Leuens word waarheid en goed sleg. Die ou poppe-president en die ou ‘fake’-pop-antie sal enigiets doen om Trump te vernietig. Enigiets.

Hendrik ·

Mense, Trump is by magte om die lasbrief en gepaardgaande dokumente vir motivering van die klopjag by sy huis aan die media beskikbaar te stel. Hy is ook in staat om homself in die die ondersoek te verweer deur antwoorde op die vrae te verskaf. As hy dan onskuldig is, wat probeer hy wegsteek? Dit gaan my verstand te bowe dat Trump-ondersteuners so eenogig kan wees om ten spyte van alles in sy sy onskuld te glo, terwyl hy elke moontlike geleentheid om sy onskuld te bewys, ignoreer. Aan die ander kant sie die FBI hoof, wat deur deur Trump aangestel is, nou ewe skielik volgens Trump ondersteuners ‘n Biden lakei. Hoe op dees aarde werk dit? Julle het ‘n blinde helde-verering vir ‘n boelie wat ‘n verleentheid vir die meerderheir Amerikaners is, soos die vorige verkiesing se uitslae bewys. Maar nou ja, hoe sal julle dit ooit verstaan as julle sy leuens oor verkiesingsbedrog glo – iets wat hy met 64 hofsake nie een maal kon bewys nie!

Gaitsigubib ·

As jy nou al ooit in jou lewe van verraad gehoor het in ons era, dan kan jy verwys na Genl Miley wat gaan konkel het met Sjina. Hy het hulle vertel dat hy hulle sal waarsku as Trump (en die VSA) hulle sou aanval. Hy was hoegenaamd nie by magte om met Sjina te gaan konkel nie, maar as hy dan enige goeie intensie gehad het, waarom stel hy hulle nie gerus dat dit hoegenaamd nie beplan word nie? Hy het ‘n motief aan Sjina gegee om doelbewus die Corona Virus die wereld in te stuur! Na sy verraderlike geskinder was die Sjinese so “paranoid” en dit lyk nie of hulle kameraad (onder die dekmantel) die situasie gaan stabiliseer nie. Hulle het reeds oorlog in die oosblok veroorsaak. Die demokrate se gekonkel ken geen einde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.