Twee beamptes is in hegtenis geneem en Woensdag is tot dag van nasionale rou uitgeroep ná ʼn moltreinongeluk wat Dinsdag in Moskou plaasgevind het.
Die dodetal het intussen tot 21 gestyg en 162 mense is beseer, berig die BBC.
Die twee beamptes was verantwoordelik vir die sinjale, en daar word vermoed dat hulle nie behoorlik omgesien het na die werking van die sinjaal wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Inwoners van die stad het blomme naby die ongeluksterrein geplaas en kerse aangesteek. Herstelwerk het ook reeds begin.
Lees ook:
Moskou-moltreinongeluk eis 12