Die verskeie nuwe vergunnings wat die minister van vervoer vir gebruikers van e-tol aangekondig het, bestaan glo al sedert die stelsel in werking getree het.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Julie 2014
Polisiebeamptes bedank oor verkragtingbewerings
Twee polisiebeamptes van Mpumalanga wat van verkragting beskuldig word, het bedank.
‘Metaalbedryf-stakers sal jare moet werk om verlies in te haal’
Die vakbond Solidariteit sê stakers in die metaal- en ingenieursbedryf reeds twee tot drie jaar sal moet werk om die verlies wat hulle weens die staking gely het, in te haal.
Radio-omroeper borg geweier
Die radio-omroeper wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin vermoor het, is Woensdag in die Protea-landdroshof borg geweier.
Jong ma tronk toe na sy baba vermoor
‘n Jong ma wat erken het dat sy haar sewe maande oue baba vermoor het, is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot ‘n effektiewe ses jaar tronkstraf gevonnis.
Klag gelê na Facebook-inskrywing oor Joodse volksmoord
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor ‘n Facebook-inskrywing wat die Joodse volksmoord regverdig.
Foto’s: Twee dae oue baba in hospitaal gebrand
Die ouers van ʼn babaseuntjie gaan regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid doen nadat hul baba glo ernstige brandwonde in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het toe hy twee dae oud was.
Video: “Sanral gebruik vrees as bemarkingstrategie”
Motoriste in Gauteng is erg ontsteld oor die Nasionale Vervolgingsgesag en Sanral se jongste strategie.
Video: Meer as 5km se spoorstawe gesteel
Meer as 30 splinternuwe treinwaens gaar stof nadat sowat vyf kilometer se spoorstawe gesteel is.
Dinosourus met vier vlerke ontdek
‘n Span Amerikaanse en Chinese wetenskaplikes het die oorblyfsels van ‘n vlieënde dinosourus met vier vlerke, en uitsonderlike lang stertvere, ontdek.
Video: Jongste tiener voltooi solovlug om die aarde
ʼn Tiener van Amerika is dalk die jongste persoon ooit wat alleen ʼn solovlug om die wêreld afgelê het.
89 sterf in ergste selfmoordaanval sedert 2001
Minstens 89 mense is Dinsdag in Afghanistan dood nadat ʼn selfmoordaanvaller ʼn motor met springstof naby ʼn besige mark opgeblaas het.
Twee soldate sterf in afsonderlike ongelukke
Twee lede van die Suid-Afrikaanse Leër is Woensdag in twee afsonderlike motorongelukke in Gauteng dood.
Man dae ná huweliksherdenking voor vrou doodgeskiet
Dean Jones (35) is voor sy vrou doodgeskiet in ‘n kompleks in Sandton, Johannesburg.
Israel adviseer 100 000 Palestyne om huise te verlaat
Israel het sowat 100 000 Palestyne in die noorde van die Gasastrook aangeraai om hul huise vir hul eie veiligheid te verlaat en na Gasa-stad te gaan.
Boer sterf nadat hy brand probeer blus
DP van Huyssteen, ʼn 42-jarige boer van die plaas Kalkput naby Viljoenskroon in die Vrystaat, is dood nadat hy Maandagmiddag ʼn brand op sy plaas probeer blus het.
Nederland deels aanspreeklik vir Bosniese massamoord
Die Nederlandse staat is verantwoordelik vir die deportasie van 300 Moslemmans na die val van die Bosniese enklawe, Srebrenica, in 1995, het ‘n Nederlandse hof in Den Haag bevind.
Wenner op pad vir Toyota
Bernard Hellberg meen die nuwe Etios Cross is nóg ‘n toekomstige wenner uit die Toyota-stal.
Seun (10) in Kaapstad doodgeskiet
ʼn 10-jarige seun is Dinsdagaand in Kaapstad dood en ʼn 23-jarige man is gewond nadat ʼn aantal verdagtes op hulle losgebrand het.
Twee vas oor moltreinongeluk; dodetal styg
Twee beamptes is in hegtenis geneem en Woensdag is tot dag van nasionale rou uitgeroep ná ʼn moltreinongeluk wat Dinsdag in Moskou plaasgevind het.