Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sal ʼn noodvergadering hou op versoek van Brittanje ná Russiese magte Europa se grootste kernaanleg in Oekraïne aangeval het, sê diplomatieke bronne.
Die Britse eerste minister Boris Johnson het die vergadering versoek, het diplomate aan AFP gesê. Die VSA, Frankryk, Noorweë, Ierland en Albanië sal by die dringende gesprek aansluit.
Westerse leiers het Vrydag hul skok uitgespreek ná die aanleg in Zaporizhzhia in die suide van die land aangeval en deur Russiese magte oorgeneem is.
Die ses reaktors by Zaporizhzhia, wat genoeg elektrisiteit vir vier miljoen huise kan opwek, is glo nie beskadig nie en internasionale monitors het nie enige toename in bestraling opgemerk nie.
Die Britse minister van buitelandse sake, Liz Truss, het die Veiligheidsraad-sessie versoek. Sy is in Brussel vir ʼn vergadering van buitelandse ministers van Navo-lande.
Die aanval is “ʼn bedreiging vir Europese veiligheid en stabiliteit en ons moet seker maak diegene wat verantwoordelik is, word aanspreeklik gehou,” het sy aan Britse media gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
En wat sê Rusland…o ja julle mag nie hul stem laat hoor nie.
Zelensky oorspeel sy hand… Big show… ‘Hulle’ het glo al drie keer die afgelope week probeer om hom te vermoor. Snaaks dat sy van ook met ‘n Z begin.