Vermiste kleuter ná 18 dae tuis

Cleo Smith (4) was saam met haar ouers by ’n kampterrein in Wes-Australië toe sy in die nag uit hul tent verdwyn het. (Foto: Facebook / Ellie Smith)

Die vermiste kleuter Cleo Smith (4) wat 18 dae gelede op ʼn kampterrein in Wes-Australië ontvoer is, is “lewendig en gesond” in ʼn geslote huis gevind.

“My naam is Cleo,” het die kleuter aan ’n verheugde polisiebeampte gesê toe dié haar Woensdag in die vroeë oggendure in sy arms opgetel het.

’n 36-jarige man word sedertdien vir ondervraging aangehou. Die man het geen verbintenis met die kleuter se gesin nie.

’n Uitgebreide soektog is verlede maand geloods nadat Cleo en haar rooi-en-swart slaapsak op 16 Oktober uit haar gesin se tent by die Blowholes-kampterrein verdwyn het.

Die kleuter is vanoggend omstreeks 01:00 (Australiese tyd) alleen in ʼn geslote huis in die kusdorpie Carnarvon gevind, ʼn entjie van die plek waar sy verdwyn het, het die polisie in Wes-Australië gesê.

“Een van die polisiebeamptes het haar opgetel en vir haar gevra ‘wat is jou naam?’,” het die polisie se adjunkkommissaris Col Blanch gesê.

“Sy het gesê ‘my naam is Cleo’.”

Volgens Blanch het hy gesien hoe “gesoute speurders openlik van verligting huil” nadat Cleo gevind is.

“Dit gebeur baie min. Dit is iets wat ons almal in ons harte gehoop het, en dit het waar geword.”

Klein Cleo is intussen met haar gesin herenig.

“Ons familie is weer heel,” het die kleuter se ma, Ellie, vanoggend op sosiale media gesê.

Ellie Smith het die betrokke dag opgemerk Cleo is weg toe sy omstreeks 06:00 wakker geword het. Haar slaapsak was ook weg en die ritssluiter van die tent was glo heeltemal oop.

Cleo se verdwyning het wêreldwyd opslae gemaak en die Australiese polisie het ’n beloning van $1 miljoen (byna R11 miljoen) uitgeloof vir inligting wat tot die opsporing van die vermiste kleuter kon lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Dankie Here Jesus…dankie dankie dankie dat U die kleinding veilig gehou het en aan haar ouers terugbesorg het… Alle eer kom U toe..

Irene ·

Ons God is n God op wie daar vertrou kan word, Hy is n God van genade. Kan net dink waardeur almal veral die ouers deurgegaan het vir 18dae. Dankie Jesus vir die kleinding se veiligheid.

LD ·

Wow!!! Dis baie goeie nuus! So bly die kindjie is veilig! Dank die Vader wat haar beskerm het! Dankie dankie dankie Heer!!

Kan net nie help om te wonder wat presies sy rede was om haar te ontvoer in die eerste plek nie….? Die tipe stories het 99% van die tyd nie ñ goeie einde nie.

Alma ·

Sjoe, wat ‘n verligting! Ek kan myself nie voorstel waardeur haar ouers die afgelope 18 dae moes gaan nie. So, so bly vir hulle dat hierdie ou dogtertjie veilig terug is by hulle.

Cherokee ·

Gaan soek op Internet na die betekenis van ‘om by die tema the hou’.

Danie ·

Regtig H.A Hier gaan ek saam met Cherokee stem! Gun jy geen geluk vir ander nie?

Annelize ·

Absoluut ongevoelig en onnodig H.A.

Ek is lus en huil ook van dankbaarheid en verligting, maar jy vind dit nodig om te kom kerm oor iets wat niks met die saak uit te waai het nie.

Elke ding het sy tyd en plek, en hierdie is nou die tyd en plek om dankbaar te wees oor ‘n kind wat LEWEND gevind is. As dit jou nie aangaan nie, is jy welkom om verby te hou. Jou kommentaar spreek ongelukkig boekdele van jou as persoon, en dis nie vleiend nie….

AH ·

Kan jy nie saam juig oor ‘n wonderwerk nie? ALMAL weer van die plaasmoorde en die oneindige seer wat daarmee saamgaan. Hierdie berig gaan egter oor ‘n kosbare jong lewe wat GERED is! Prys die Here!

Misky ·

Baie goeie nuus en bly saam met die ouers. Nou sal ons graag wil hoor wat daai skurk se intensies was en wat het in die 18 dae gebeur.

Annelize ·

Ek hoop en bid net dat die kind nie allerhande ontbeuringe moes deurmaak nie.

Hoop die man word bitter diep toegesluit, en die sleutel in die hammermeule gegooi.

Aai ·

Wel gedaan dit is hoe jy iemand opspoor sonder dat ‘n mafia man met ‘n hoed inmeng met polisie se werk.Bel hulle polisie en kry wenke dan sal julle dalk daai 4 seuns opspoor wat julle soek.

piet ·

3 weke gevat om die kind in die naaste klein dorp op te spoor? Ons polisie het baie groter uitdagings, moet mense opspoor sonder vaste adresse, sonder amptelike dokumente, ensovoorts.

Elize ·

Dankie aan elke polisieman wat daar betrokke was. Dankbaar!

Elize ·

Hierdie afduime is seker almal nie godsdienstig nie. Alle eer aan God dat hierdie kleinding veilig gevind is.

Elmarie ·

Halleluja. Dit is ‘n wonderwerk en fantastiese nuus. Ek is dankbaar saam met die gesin dat sy lewend en gesond gevind is.

Baie kan geleer word by die Australiese polisie

Mariaan ·

Wonderlik! Mens wonder net wat was die man se plan?? Hoekom doen mens so iets??

Antoinette ·

Ek wens die 4 boeties kan ook opgespoor word. Dit spook dag en nag by my.

Mieke ·

Ek wens ook so… die arme ouers moet teen hierdie tyd rasend van bekommernis wees. Ek bid dat ons Grote God hulle vir die familie sal spaar.

Faraway ·

1stens DANKIE JESUS VIR NOG N WONDERWERK IN DIE SIEK WERELD!
2dens DANKIE JESUS VIR NOG N WONDERWERK IN DIE SIEK WERELD!
3dens DANKIE JESUS VIR NOG N WONDERWERK IN DIE SIEK WERELD!

Frank John ·

Wonder wat die ontvoerder se rede is dat hy die kind geneem het?

Sê maar net ·

Prys god! Prys God! Dankie Here! U genade ken geen perke nie!

Ronel ·

Sjoe wat ‘n verligting!! Ek hoop dat ons ook sulke goeie nuus binnekort oor die 4 vermiste broers ook sal kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.