Verpleegsters oes glo tweeling se organe

(Argieffoto: Unsplash)

Vier verpleegsters van Tanzanië is in hegtenis geneem nadat hulle glo organe van ʼn tweeling geoes het kort nadat dié babas gesterf het. Die voorval het in die Tabora-streek in die weste van Tanzanië plaasgevind.

BBC berig dat ʼn komitee wat aangestel is om die voorval te ondersoek, bevind het dat die liggame van die tweeling, wat vroeggebore is, ná hul dood vermink is.

Die voorval word glo met heksery verbind.

Die verpleegsters is in hegtenis geneem en uit hul poste geskors. Klagtes sal na verwagting binnekort teen hulle aanhangig gemaak word.

Die betrokke verpleegsters het glo ook die ondersoekkomitee probeer mislei deur aan te voer dat die babas se liggame in die kraamsaal is, terwyl hulle inderwaarheid in ʼn verpleegkamer was.

Die verpleegsters het nog nie kommentaar op die bewerings teen hulle gelewer nie.

Luidens ʼn verslag het die babas gesterf weens ʼn tekort aan neonatale sorg wat nie by die fasiliteit beskikbaar was waar hulle gebore is nie.

  • Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Papsak ·

Jy kan net niemand meer vertrou nie ek vertrou niks in hierdie land nie sorrie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.