Video: Disney vier 100 jaar

Disney vier 100ste verjaarsdag. (Foto: verskaf)

“Ons is ongelooflik dankbaar dat generasies mense wêreldwyd so spesiale deel van ons geskiedenis is, en dat hulle ons stories en karakters vir die afgelope eeu in hul huise ingenooi het.”

Só sê Bob Iger, die uitvoerende hoof van die Walt Disney Company, oor dié wêreldberoemde instansie se 100ste verjaarsdag wat later vanjaar op 16 Oktober gevier word.

“Soos wat ons ons historiese 100ste verjaarsdag herdenk, is dit wonderlik om weer na Walt Disney se nalatenskap en sy onophoudelike soeke na voortreflikheid te kyk.

Disney100 verteenwoordig ’n viering van al ons aanhangers en families, ons storievertellers wie se verbeelding en talent al die betowerende oomblikke geskep het wat Disney so deel van ’n wêreldwye kultuur maak.”

Om hul eeuwording te vier, het Disney ’n jaar propvol opwindende aktiwiteite en konserte beplan.

Suid-Afrika se Disney100-vieringe skop in April vanjaar in Johannesburg af, met ’n konsert deur die Johannesburgse filharmoniese orkes en ander soliste. Disney100: The Concert sal van 7-9 April by die Gallagher-konvensiesentrum te siene wees.

Dié konsert sal silwerskermhoogtepunte vanuit Disney-, Pixar-, Star Wars- en Marvel-rolprente ten toon stel. Die die orkes en soliste sal ook die grootste musikale herinneringe laat herleef. Liedjies vanuit The Lion King, Moana, Encanto en Beauty and the Beast sal ook by die konsert opgevoer word.

Kaartjies vir hierdie reusekonsert sal vanaf 15 Februarie op Ticketmaster beskikbaar wees.

Die Disney100-uitstalling, wat onder meer rolprentrekwisiete, oorspronklike kunswerk agter bekende rolprente en kostuums insluit, sal ook deur die loop van die jaar in Munich, Londen en Philadelphia te siene wees.

Daar sal ook deur die loop van die jaar spesiale vertonings en ervarings by die Disney-parke in die VSA en Frankryk gehou word.

Kyk ʼn video van die Disney100-vieringe hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Die vraag is of hulle vir nog 100 jaar gaan bestaan met die wat hulle ten volle “WOKE” gegaan het het en dit tot in die kinders se kele af gedruk.

Hulle het ‘n paar groot flops gehad daardeur, maar lyk nie of die boodskap insink nie. Ek hoor deesdae baie mense wat sê as daar enige van die goed in ‘n fliek of reeks is, vermy hulle dit doelbewus. Almal het nou genoeg gehad.

Hulle wil maak om dit die norm is en dit is nie.

Vonkprop ·

Wou presies dieselfde sê. Disney is nie meer vandag wat dit was toe ons kinders was nie. Dit was onskuldige vermaak gewees, maar deesdae moet alles mos aangepas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.