VSA-verkiesing: Trump probeer laatstemmery in hof stuit

Pres. Donald Trump. Foto: REUTERS/Carlos Barria

Pres. Donald Trump se herverkiesingspan het hom tot ʼn hof in die Amerikaanse deelstaat Georgia gewend in ʼn poging om te verhoed dat laat stemme in dié deelstaat getel word.

Die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing is nog in die weegskaal met ʼn paar state waar die uitslag binne die volgende paar uur of dae bekendgemaak sal word.

Alaska, Pennsilvanië, Noord-Carolina, Georgia, Arizona en Nevada is in dié stadium nog onbeslis nadat die Demokratiese presidentskandidaat Joe Biden Michigan in Wisconsin gewen het – twee van die trio van die “blou muur”-state wat Trump in 2016 na die Withuis gestuur het.

Die Republikeinse president en sy Demokratiese opponent moet minstens 270 van die kieserskollege-stemme inwin. Biden staan in dié stadium op 243 stemme en Trump op 214 stemme.

Luidens ʼn hofdokument wat deur die Trump-veldtog bekend gemaak is, het lede ʼn regter gevra om Chatham County (Georgia) te beveel om alle stembriewe wat ná Woensdag omstreeks 19:00 op verkiesingsdag ontvang is, te verreken en te verantwoord.

(Foto: Twitter)

Die Trump-veldtogspan sê hy het hom tot ’n hof gewend nadat hy inligting ontvang het oor laat stemme wat onbehoorlik met geldige stemme gemeng is.

“Pres. Trump en sy span veg vir die beswil van die land om die oppergesag van die wet te handhaaf en die wet van Georgia is baie duidelik: om wettig te tel, moet die stembriewe teen 19:00 op die verkiesingsdag ontvang word,” sê Justin Clark, adjunkveldtogbestuurder, in ʼn verklaring.

Sou Biden Georgia wen, sal Trump se kanse beduidend verswak.

Joe Biden. (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die veldtog het reeds vroeër gevra om in te gryp in ʼn hangende saak in die Amerikaanse hooggeregshof oor of Pennsilvanië, ʼn ander belangrike staat wat nog deur derduisende instembriewe werk, toegelaat moet word om stembriewe met laat aankoms wat deur die verkiesingsdag gestuur is, te aanvaar.

Die stemmery is Dinsdagaand afgesluit, maar talle state neem tot dae lank om die stembriewe te tel. ʼn Groot getal mense het deur die pos hul stem uitgebring weens die Covid-19-pandemie en dit beteken die tellery kan langer as gewoonlik duur.

“Die president se verklaring vanaand dat hy die tellery wil stopsit, is verregaande, ongekend en verkeerd,” het Biden se veldtogbestuurder, Jen O’Malley Dillon, in ʼn verklaring gesê.

Talle betogers het intussen die strate in verskeie Amerikaanse stede waaronder Philadelphia in Pennsilvanië ingevaar en eis dat alle stemme getel geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ferryman

Trump is nou besig om na grashalmpies te gryp. Hy moet maar terugsit en sy toespraak skryf waar hy Biden gelukwens en sal sorg vir ‘n gemaklike oorgang. Dinge lyk nie te goed vir Trump op die oomblik nie.

Mad Mike die Rhodesiër

Tipies! Hy gaan wen met die hulp van die duiwel…

Elmarie

Verloor tog soos ‘n man….

Androclus

Ag wat Trump is belaglik.

Theo

Ek het die verkiesings baie nou gevolg die afgelope jaar en ek moet sê dat ek deel in Trump se kommer. Die demokrate het die mail in voting die jaar ingebring, die eerste in geskiedenis en n nuwe proses, want hulle het geweet Trump gaan oorweldigend wen. Hulle get dit selfs bevestig… en nou gebeur dit. Trump het gemaklik voorgeloop in die gewone verkiesing maar vanaf die “ekstra” ballots nou ontvang is is dit snaaks genoeg net Biden stemme, en miljoene daarvan, as dit nie vir jou snaaks lyk nie dan leef jy in n droomwêreld of in n wêreld… Lees meer »