Week in foto’s

Politiek, natuurrampe en bekendes. Beleef sommige van die week se nuusgebeure een foto op ʼn slag.

(Foto: Federico Scoppa/AFP)

Italië – Inwoners in Massa Lombarda word met ʼn grawer gered nadat swaar reën groot oorstromings in die klein dorpie, sowat 10 kilometer van Imola, veroorsaak het. Vyf mense is reeds in die vloede dood. Die Formule 1 Grand Prix, wat Sondag op Imola sou plaasvind, is ook weens die oorstromings gekanselleer. (Foto: Federico Scoppa/AFP)

(Foto: Oliver Bunic/AFP)

Serwië – Polisiebeamptes staan ​​by die duisende wapens waarop tydens die regering se jongste ontwapeningsoptrede naby Smederevo beslag gelê is. Dit volg ná ʼn massaskieterye in die Balkan-land twee weke gelede. Aleksandar Vucic, Serwiese president, het op 14 Mei aangekondig dat sowat 13 500 wapens en mynploftoestelle gevind is. Hiervan was sowat 1 750 handgranate, ploftoestelle en mortiere. Volgens die Small Arms Survey-navorsingsgroep is Serwië die land met die hoogste vlak van wapeneienaarskap in Europa, met ongeveer 39 uit elke 100 mense wat ʼn vuurwapen besit. (Foto: Oliver Bunic/AFP)

(Foto: Patricia De Melo Moreira/AFP)

Frankryk – Die Amerikaanse akteur Johnny Depp daag op by die openingseremonie en die vertoning van die film Jeanne du Barry tydens die 76ste Cannes-rolprentfees in die suide van Frankryk. (Foto: Patricia De Melo Moreira/AFP)

(Foto: Sai Aung Main/AFP)

Mianmar – Beskadigde dakke en geboue nadat sikloon Mocha Mianmar die afgelope week getref het. Volgens plaaslike leiers, amptenare en staatsmedia het die dodetal tot minstens 81 gestyg, terwyl mense probeer om beskadigde huise te herstel en op noodlenigingshulp wag. (Foto: Sai Aung Main/AFP)

(Foto: Ozan Kose/AFP)

Turkye – ’n Ondersteuner van die Turkse president Recep Tayyip Erdogan hou sy plakkaat voor die Justice and Development Party (AKP) se hoofkwartier in Istanboel omhoog nadat stembusse op 14 Mei gesluit het. (Foto: Ozan Kose/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.