Wêreld kan oor tien jaar minder vroue hê

Vrou_water_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Navorsers het bevind dat daar in die volgende tien jaar na raming 4,7 miljoen minder meisies as seuns wêreldwyd gebore sal word. Dit is weens geslagspesifieke praktyke in sekere lande wat ʼn kulturele voorkeur vir manlike nasate het.

Geslagselektiewe aborsies het reeds die afgelope 40 jaar in gebiede soos Suidoos-Europa asook Suid- en Oos-Asië, toegeneem.

Luidens ʼn artikel in die mediese vaktydskrif BMJ Global Health het navorsers bevind dat ʼn derde van die wêreld se bevolking teen 2030 mans sal wees.

ʼn Internasionale span navorsers het data van meer as drie miljard geboortes oor die afgelope 50 jaar ontleed om te bepaal watter effek geslagseleksie op die kort en lang duur sal hê.

Die navorsers het in hul ondersoek met twee moontlikhede gewerk. In scenario een is daar gefokus op 12 lande waar die bevolkingsverhoudingskoers tussen mans en vroue sedert 1970 toegeneem het, terwyl daar in die ander situasie gekyk is na 17 lande waar die koers in die gedrang was weens maatskaplike of kulturele neigings.

Navorsers het in die eerste geval ʼn toename in geslagseleksie in sekere lande aangeneem, gegrond op statistiese bewyse.

In die tweede scenario het navorsers bevind dat daar groter geslagseleksie plaasvind, gegrond op spesifieke neigings en ʼn afname in vrugbaarheid – maar waarvoor daar nie spesifieke data was nie.

In scenario een het navorsers bevind dat daar teen 2030 altesaam 4,7 miljoen minder meisies wêreldwyd gebore sal word. In scenario twee het dié syfer teen 2100 tot meer as 22 miljoen gestyg.

Navorsers sê die voorkeur vir manlike nasate kan lei tot verhoogde vlakke van antisosiale gedrag en geweld en kan ook die langtermynbestendigheid en volhoubare maatskaplike ontwikkeling raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Dit is ‘n skreiende skande dat geslagseleksie toegestaan is in die eerste plek. Wie is die mens om te besluit watter geslag kind in die wêreld gebring moet word. Geboorte skenking is van God. Die Antichris is behoorlik op dreef om ons hele wêreld omver te gooi

Peetjie ·

Dis te sê às daar nog vroue is oor 10 jaar om kinders te baar…

Mariana ·

Dit sal dalk help vir oorbevolking van die wêreld, maar ja dis eintlik siek. Hoekom wil die mens tog so graag God speel?

VaalDonkie ·

Jy praat van oorbevoling maar in dieselfde asem vra jy hoekom die mens God wil speel?

Bjorn ·

Mense praat gou oor hoe hulle wil he die wereld se bevolking af gemaai moet word, ek se die mense wat so praat moet ‘lead by example’. Studies het bewys dat die hele wereld se heidige bevolking in New Zealand sal kan in pas. Moet nie val vir nuwe wereld orde twak nie.

Klaar me Maroela ·

Ek twyfel baie sterk dat 7.9 BILJOEN mense in New Zealand sal inpas….. :-)

Hendrik ·

Wel as n derde van wereld se bevolking teen 2030 mans gaan wees kan ek nie insien hoe kan 2 derdes wat dan vroue is minder as die mans sal wees nie. Is daar ander sekse wat ons nog nie van weet nie? Ek weet in VSA is daar 17 sekse. Lol

Atta ·

ʼn Derde van die wêreld se bevolking beteken dat daar 1 man vir elke 2 vroue sal wees. Hoeveel mans per vroue is ons tans? 1 vir elke 3? 1 vir elke 4? Die statistiek in die berig maak nie sin as mens nie weet wat die verhouding tans is nie.

JohanR ·

Soe die program Boer Soek ‘n Vrou, sal verander na Vrou Soek ‘n Man, Enige Man. Sal self vir Bheki Cele of Blade Nzimande vat as ek rerig moet…..maar asseblief tog nie!

Anel ·

Nou as daar nie meer vroue gaan wees nie, hoe dink die mans gaan hulle geslag voort gaan? Gaan hulle dan kinders kan baar? Goeie genade, die wêreld is siek.

annie ·

… Onthou Soros bou weer aan Babel… Volgens vroeëre navorsing het te veel manse in lande tot oorloë gelei, maar ek vermoed met die baie rowwe tannies wat nou baas speel kan sake dalk ander draai: Al die mans bly tuis en kyk na die pruttende potte en die kinders en die ondernemende dames en moeders beskerm die landsgrense en die culture… Hoe vinnig kan mense jou geslag weer omkeer, dokter?

DieKriek ·

Een derde sal mans wees. Wat gaan die ander twee derdes wees? En wat is die proporsies nou?

Frank John ·

Hulle hoef nie te worry nie, daar is reeds meer vroue as mans, van die mans het seker twee ribbebene afgestaan. ????

pestilensie ·

Verstaan nie lekker, as daar te min mans is , kan van die vroue mos maar net besluit hulle is mans .

Dirk Mostert ·

Die somme is verkeerd. As daar meer seuntjies as meisietjies gebore word, behoort mans in die toekoms in die meerderheid te wees. ‘n Derde is minder as die helfte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.