Zimbabwiërs later vanjaar na die stembus

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. (Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP)

Dis amptelik: Zimbabwe se landwye algemene verkiesings sal op 23 Augustus vanjaar plaasvind.

Dié datum is uiteindelik Woensdag in die Zimbabwiese staatskoerant gepubliseer nadat pres. Emmerson Mnangagwa se opponent ʼn beroep op Mnangagwa gedoen het om ʼn verkiesingsdatum vas te stel.

Die datum bring ʼn einde aan langdurige onsekerheid oor wanneer die verkiesings sal plaasvind.

Mnangagwa se Zanu-PF-party wat sedert 1980 aan bewind is, en Citizens Coalition for Change (CCC) onder leiding van Nelson Chamisa, ʼn 45-jarige prokureur en pastoor, sê mekaar weer die stryd aan.

Mnangagwa het oudpres. Robert Mugabe in 2017 ná ʼn militêr geleide staatsgreep as Zimbabwiese president vervang. In 2018 het Mnangagwa en Chamisa mekaar die eerste keer die stryd om die presidentskap aangesê.

Mnangagwa het eindelik met 50,8 persent van die stemme geseëvier. Chamisa het Mnangagwa van verkiesingsbedrog beskuldig.

Ontleders sê ʼn opdraande stryd staar Chamisa hierdie keer weer in die gesig nadat amptenare van sy party in hegtenis geneem is.

Zimbabwe is tans 137ste uit 180 lande op Reporters Without Borders se 2022 persvryheidsindeks, en 157ste uit 180 lande op Transparency International se lys vir vermoedelike korrupsie.

Mnangagwa’s ZANU-PF party, which has been in power since independence in 1980, will face off against the Citizens Coalition for Change (CCC) led by Nelson Chamisa, a 45-year-old lawyer and pastor.

He will be Mnangagwa’s opponent for a second time.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek wed sy party wen weer en hy bly pres van Zimbabwe, want hy is net so korrupte leier soos mugabe.

Katinka ·

Zanu-PF for life, net soos die ANC in Suid Afrika, jy kan nie van onkryt ontslae raak nie.

ES ·

Ons weet wat die uitkoms gaan wees – hy gaan weer die meerderheid “stemme” kry en in bewind bly. Hy is Bob Mugabe version 2. Ek voel jammer vir daardie mooi land en sy mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.