Luister: Is ʼn goeie velsorgroetine vir mans noodsaaklik?

Argieffoto. (Foto:Unsplash)

Kan mans maar staatmaak op daardie een botteltjie in die stort waarmee hulle hulself elke dag van kop tot toon was?

Maroela Media het die hulp van Felicia Keus, ʼn dosent in somatologie aan die Isa Carstens-skoonheidsakademie, ingeroep om dié en talle ander velsorgvrae vanuit ʼn wetenskaplike perspektief te beantwoord.

In die jongste episode verduidelik sy hoe mans en vroue se velsorgbehoeftes verskil, waar die manne wat wel ʼn meer sorgvuldige velsorgroetine wil volg, moet begin en hoekom hulle tog soms sommer van vroulief se produkte kan gaps.

  • Luister hier na die eerste episode waarin sy meer oor ingewikkelde velsorgroetines gesels.
  • Luister hier na die tweede episode waarin sy verduidelik wat die werklike doel van teenverouderingsprodukte en -prosedure is en hoe vroeg dit ingespan moet word.
  • Luister hier na die derde episode waarin sy verduidelik waarom gesigserums nie noodwendig vogroom kan vervang nie.
  • Luister hier na die vierde episode waarin sy verduidelik waarom dit vir elke vrou byna taboe behoort te wees om te gaan slaap sonder om haar grimering te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.