Luister: ʼn Dekorgier vir elke seisoen

Foto ter illustrasie. (Foto: Spacejoy/Unsplash)

“Seisoensverandering is ʼn uitstekende tyd om jou dekor te verander – so sal jou leefruimte altyd vars en nuut voel.”

Só sê Henck Conrey, aanbieder van kykNET se Vat jou goed en trek! en mede-eienaar van ʼn eiendomsagentskap, in die jongste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor ideale skouhuise, die eiendomsmark en hedendaagse dekorgiere.

Conrey, wat maklik erken dat hy sy liefde vir kleure en dekor by sy ma geërf het, glo dat ʼn mens nie bang moet wees vir nuwe toevoegings tot jou leefruimte nie.

Ligte pastelkleure is ʼn ideale keuse vir lente, glo hy.

“Blou, pienk, groen en selfs pastelgeel is baie gewild in die lente. Dit is kleure wat ʼn vars gevoel skep en hand in hand gaan met die seisoen.”

Hoewel hy die idee van vernuwing geniet, glo hy dat die groot en duur items in die huis van ʼn neutrale kleur en aard moet wees. Sodoende kan ʼn mens kleiner, goedkoper items gebruik om met elke nuwe seisoen nuwe lewe in jou huis te blaas. Dieselfde reël geld vir die kleur van jou mure.

Kussings, matte en kunswerke is ideale items om verandering en vernuwing mee te bring, glo Conrey.

“Ná winter en lente, wil jy ontslae raak van die visuele warboel van lae en lae komberse. Jy wil jou spasie meer oop laat vertoon, en seker maak dat dit met natuurlike lig gevul word.”

“Die hoofdoel van somerdekor is om die nuwe seisoen se kleurskakerings te vier, asook om nuwe lewe en energie in jou spasie te verwelkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Regtig???? Nou waar moet ‘n mens 4 seisoene se dekorasies stoor? Volgende artikel seeker oor “storage solutions”. lol… lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.