Podlitiek: Gewere, geneeshere en onteieningsvoëls van eenderse vere

Opgestel deur die Podlitiek-span

vuurwapen-rewolwer-koeels-wapen

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die volledige Podlitiek-span is die week weer agter hul mikrofone en bespreek die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, die regering se powere pogings tot die plasing van dokters en die jongste besluite rakende onteiening sonder vergoeding.

Rakende die kwessies van vuurwapens en onteiening sonder vergoeding bespreek die Podlitiek-span die sleutelkwessie van mag. Gaan dit werklik om diep ideologiese oorwegings, of is die een en enigste kwessie die ANC se mag?

Die twee kwessies van mag word geskei deur ʼn kwessie van onbevoegdheid. Die regering sukkel twee keer per jaar om jong dokters geplaas te kry, en dit is onaanvaarbaar dat van die belangrikste jong professionele mense so sleg hanteer word, en onder soveel druk hul loopbane moet begin. Is privatisering dalk die pad vorentoe?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aikie ·

Onse liewe regering wil NIE privatiseer nie, hulle wil alles, ALLES nasionaliseer. Al hoekom hulle dit nog nie reggekry het nie, is omdat hulle so onbeholpe is.
Gelukkig vir ons en ongelukkig vir die ANC hol die binnegevegte die organisasie uit. Dan praat ons nie eers van die los kanon Malema wat skiet volgens die wind waai en dan ‘n salvo netjies in Ramaphosa se ribbes plant nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.