Podlitiek: Haatspraak-uitspraak grof, NVG begin lêers afstof en vaarwel Gorbatsjof

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie episode van Podlitiek word die “Kill the Boer”-uitspraak, verwikkelinge by die NVG en die dood van Mikhail Gorbatsjof onder die loep geneem.

Eerste aan die beurt is die onlangse uitspraak oor die haatlike dreunsang “Kill the Boer”, wat volgens die hof nie haatspraak is nie. Die Podlitiek-paneel wonder of hierdie tipe absurditeit ook te siene sou wees as die woord “boer” met enigiets anders vervang sou word… Die antwoord is ongelukkig al te duidelik.

ʼn Volgende storie is dat die Nasionale Vervolgingsgesag begin het om ʼn paar inhegtenisnemings te maak, en alhoewel enige verandering seker ʼn verbetering is, is die vraag op die paneel se lippe of hierdie optrede nie steeds minder is as wat die Suid-Afrikaanse bevolking verdien nie.

Laastens word die lewe en werk van Mikhail Gorbatsjof, die laaste leier van die Sowjetunie, bespreek.

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.