Podlitiek: Hertzogville-brande en vermorste Covid-rande

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Twitter)

Podlitiek is vandeesweek terug met nog ’n weergawe van hul gewilde Afrikaanse politieke podsending. Hierdie week ontnonsens hulle weer ’n paar van die week se grootste nuusstories, met die gebeure in Senekal en Hertzogville eerste aan die beurt, gevolg deur ’n kykie na hoe regeringsamptenare maar net weer hul sakke gevul het met geld wat bedoel was om armes en kwesbares se lewens ’n bietjie beter te maak.

Hierdie week is Hermann, Ernst en Paul in die ateljee en die driemanskap begin deur ’n deurtastende gesprek oor die brande op Hertzogville te voer. Ernst begin deur agtergrond te gee van beide hierdie voorval en dié van 16 Oktober op Senekal, met ’n volledige analise van wat werklik gebeur het, hoe verskeie linkse mediahuise die waarheid weglaat of verdraai, en hoe hy die situasie analiseer. Paul ondersoek die manier waarop protes gevoer en weerstand gebied word, met Hermann wat self sy ooggetuie-weergawe bied. Die gesprek neem meeste van hierdie episode in beslag, en ’n belangstellende in die Suid-Afrikaanse politiek sal sonder enige twyfel by hierdie diepte-analise baat vind, juis omdat dit volledig, eerlik, en in Afrikaans is.

Volgende loer die paneel vlugtig na wat gebeur wanneer jy twee absolute teenoorgesteldes op mekaar afdwing – hier word spesifiek gepraat oor die ANC en verantwoordelike geldbesteding. Nie net gaan Eskom skynbaar eersdaags begin om munisipaliteite se bates op te veil ten einde skuld te delg nie, maar verdere gerugte kom daagliks na vore oor Covid-19-fondse wat vermors is, gesteel is, of sommer net verdwyn het. Podlitiek wonder of die ANC nie ’n sosialistiese bestel soek nie juis omdat hulle kapitaal so sleg hanteer.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wel, ek wil net sê dis nogal ‘n goeie store! Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie, letterlik of figuurlik…

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wel, ek wil net sê dis nogal ‘n goeie store! Terloops, ek glo daar is ‘n REUSE rivier (en seker ‘n waterval of twee) van geld wat uit die regering en vele besighede vloei. Waarheen? Ons kan bespiegel, maar ek glo dit gaan in die Antichris se rekening in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.