Podlitiek: Kuba-skenking gestop, ramptoestand flop en Makhosi Khoza uitgeskop

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

In dié week se episode van Podlitiek word daar gesels oor AfriForum se hofoorwinning rakende ‘n skenking aan Kuba, die jongste ramptoestandmaatreëls en ActionSA wat Makhosi Khoza se lidmaatskap opgeskort het.

In die episode sluit Jacques Broodryk, veldtogbestuurder by AfriForum, by gereelde aanbieders Ernst van Zyl en Daniël Eloff aan. Die episode skop af met ‘n lekker gesprek oor AfriForum se onlangse hofoorwinning waar die burgerregte organisasie ‘n interdik bekom het wat die skenking van R50 miljoen aan die Kubaanse regering verbied het. Daniël verduidelik wat hierdie interdik beteken en wat die volgende regstappe in hierdie saak is.

Die gesprek draai dan na die nuutste ramptoestandmaatreëls. Die aanbieders wys daarop dat die openbare sentiment redelik duidelik gekant is teen die verlenging van die ramptoestand en waarsku dat die burgerlike samelewing moet waak teen die regulasies wat beoog word om die ramptoestand se regulasies te vervang. Die bekommernis is egter dat die nuwe voorgestelde gesondheidsregulasies die inperkingsmaatreëls van die afgelope twee jaar permanent sal maak.

Ten slotte bespreek die span die opskorting van voormalige ANC-politikus Makhosi Khoza se lidmaatskap van Herman Mashaba se party ActionSA. Die Podlitiek-span wys uit dat dit redelik voorspelbaar was dat Khoza weer in die politieke sop beland het.

Luister en gesels saam.

• Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.