Podlitiek: Mashaba herbedink, gratis ministerwater gedrink, die Beitel vermink…

Opgestel deur die Podlitiek-span

Herman Mashaba, leier van ActionSA. (Foto: ActionSA)

Almal hou daarvan om soms so ʼn bietjie te kla! Hierdie week kla die Podlitiek-span self oor onlangse nuusgebeure.

Eerstens oor Herman Mashaba. Daar is skynbaar verdeeldheid binne ActionSA oor hoe nou, wat nou, en waar nou. Veral as dit kom by saamspeel met die ANC. Mashaba het prontuit verklaar dat hy nooit met hulle sal saamwerk nie. Die harde werklikheid van koalisiepolitiek is egter dat dit soms maatjies van kwaaivriende maak. Podlitiek stel ondersoek in.

Die volgende storie is dat ons moet betaal vir soveel water en elektrisiteit. Nie net betaal ons vir ons eie nie – nee, ons betaal ook vir die ewig beskikbare water en krag van ons eerwaarde ministers.

Die laaste storie wat bespreek word, is ʼn ou storie. Dieselfde ou storie dat die Universiteit Stellenbosch Afrikaans weg wil hê.

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.