Podlitiek: Plaasgewelddebat, DA- en ANC-vonke spat, KSA-rassegat

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto)

Soos die lente, keer Podlitiek hierdie week terug met nog ’n uitgawe van hul weeklikse Afrikaanse politieke podsending. Gereed om die nuus te ontnonsens (soos hulle dit noem), pak die Podlitiek-span die bul by die horings. In ’n besige nuusweek word die parlementêre debat oor plaasmoorde, die bedanking van die DA se hoof in Gauteng, die ANC se NUK-vergadering, en Krieket Suid-Afrika bespreek.

Die eerste storie wat aandag geniet, is die parlementêre debat oor plaasmoorde wat deur DA-LP Diane Kohler-Barnard aangevra is. Hierdie debat het op lentedag plaasgevind, en verteenwoordig ’n definitiewe eskalasie van die kwessie, siende dat die ANC nou antwoorde moet gee op ’n kwessie wat sy president, en die president van die republiek, tot onlangs nog ontken het. Podlitiek het die debat bekyk en lig die hoogtepunte uit.

Volgende kom die DA weer aan die beurt, maar miskien in ’n minder positiewe lig. Met die nuus dat die DA-leier in Gauteng uit sy pos bedank het as gevolg van ongemaklikheid met die huidige beleidsrigting, wonder die Podlitiek-span oor die meriete van ’n Herman Mashaba-party, wat ook die pas afgelope naweek vir die 2021- munisipale verkiesing bekendgestel is. John Moody, die betrokke lid, het in sy onderhoud (oor waarom hy hierdie besluit geneem het) aangevoer dat Helen Zille, die federale voorsitter van die DA, nie meer erns maak met die werwing van swart- en Indiër-stemmers nie.

Laastens kom Krieket Suid-Afrika aan die beurt op die Podlitiek-agenda. Hierdie beleërde raad het onlangs aangekondig dat slegs swart konsultante gebruik sal word in die toekoms. Openlike rassigheid voer al ’n geruime tyd die botoon, maar in die afgelope paar maande kom dit al hoe meer voor asof Krieket Suid-Afrika vergeet het van die sport, en letterlik op enigiets anders wil fokus.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

SA is duidelik nie ‘n demokrasie nie. Dit was nooit die ANC se plan nie. Kuba se manier van doen is die oogmerk. Die minister van gesondheid is bv in vervoering oor die mediese kennis van die Kubane. Daar is wèreldwyd ‘n katastrofe oppad. Die pandemie vuur dit aan. Liberale New Age-ers se hiperboliese planne word in werking gestel. Wetteloosheid en gewetenloosheid gaan regerings kenmerk. Ons s’n doen klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.