Podlitiek: Hofmeyr, alternatiewe media, Afrikaans en sensuur

Steve Hofmeyr (Foto: Steve Hofmeyr/Facebook)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hul jongste onderhoudepisode praat Daniël en Paul van Podlitiek met die Suid-Afrikaanse sanger, akteur, outeur en meningsvormer Steve Hofmeyr.

Die gesprek spring weg met ’n kykie na alternatiewe media soos podsendings, en die rol wat podsendings in die verspreiding van inligting sal speel in die toekoms.  Daar kan sekerlik nie oor so ’n onderwerp gepraat word sonder om sensuur te noem nie – spesifiek die sensuur wat al hoe meer deur mediamaatskappye op behoudende denkers geplaas word. Dit is Steve se gevoel, en Podlitiek stem saam, dat daar alternatiewe maniere gevind sal word om inligting te versprei as gevolg daarvan dat die hoofstroommedia besluit wie ’n platform verdien, en wie nie.

’n Gesprek met Steve Hofmeyr moet natuurlik draai by nasionale politiek. Hoe het die Suid-Afrikaanse politieke ruimte sedert 1994 verander, wat was die verwagtinge van Suid-Afrika ná 1994, en wat het inderwaarheid gebeur? En wat van Afrikaans, sowel as Afrikaanse simbole en letterkunde? Al hierdie kwessies word prontuit en sonder skroom deurgepraat in hierdie lekkerluister-episode.

Kwessies soos dekodeerders wat verbrand word, en die impak van sensuur word natuurlik bespreek, sowel as ander relevante kwessies wat tans aan die orde van die dag is.

Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil – luister gerus na hierdie episode van Podlitiek!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

willem botha ·

Steve is die de la Rey waarvan Bok van Blerk sing en ek sal saam met hom val as dit moet.

Susna ·

Wel, wel ek was nog nooit voorheen so beindruk deur iemand soos wat ek nou is deur iemand soos Steve nie. Welgadaan Steve !!! vir die suiwer Afrikaans wat so gemaklik van jou tong afrol. Nou verstaan ek baie meer van jou Steve, en dit waarvoor jy staan. Mag
daar groot voorspoed vorentoe oor jou pad kom.

kolla ·

Sing hy in die video? Indien nie, stel ek nie belang in sy politiek nie.

piet piet ·

Natuurlik sing hy genius dit is hoe hy sy inkomste verdien deur sing en soos mandela n vegter te wees teen diskriminasie van sy mense.

Dirk ·

Steve, was eers n ou jabroer vir eie gewin, nou is Steve n neebroer vir eie gewin, ongeag die dodelike gevolge wat dit inhou vir mede Afrikaners. Bid dit jou nou aan dat Steve se uitsprake groot geleenthede skep vir sakegeleenthede waarvan sy laaitie wat in die kroeg pakslae gekry het, n direkteur is van veiligheidsopleiding vir plaasbeveiliging! Goeiste mense, waarmee is hierdie groepie Afrikaners regtig besig terwyl boere vermoor word?

Dries du Toit ·

Uitstekende bespreking en dankie vir n baie insigewende artikel

Dirk ·

@Sideliner opinions. As die skoen jou pas, trek hom aan! Die enigste persoon in hierdie land wat stilbly oor plaasmoorde is die president wie besluit het om homself die stilswye op te le! Vir die res van ons wie besef dat veiligheid en plaasmoorde n dodelike ernstige saak is, sal ons ons regte en opinies vlerke gee. Jy moet Virseker deel wees van diegene wat dink julle is bevoeg om plase te beveilig terwyl julle in die kroee uithang! Sou dit wees dat veiligheid kinderspeletjies was, dan sou ek julle gelos het, maar toevallig is dit nie kinderspeletjies nie, so los sal ek julle nie los nie voordat julle die regte dinge begin reg doen. Te veel onskuldige mense is besig om te bloei as gevolg van julle domastrantheid! Julle begin meer en meer lyk na die AWB se brandy en coke tipe! Ruk julself reg, julle dobbel met mense se lewens!

Dirk Breytenbach ·

Ek weet nie hoekom ek my tyd mors om sulke negatiewe kommentaar te lees nie. Dis totaal afbrekend. Steve gaan so voort jy is ook menslik en die meeste normale mense maak foute erens in hul lewe. Steve ek gun jou en respekteer jou opinie!

Boer-in-die-Wind ·

Hier by ons is dit nou eers oggend, so dalk is ek nog nie wakker genoeg nie.

Verduidelik asb vir my jou opmerking: “Te veel onskuldige mense is besig om te bloei agv julle domastrantheid!”

Waarvan praat jy?

Dirk ·

@Boer-in-die-wind. Om Steve aan te haal, “go figure it out by yourself”! Dit is hoekom julle net soms wen, want julle is nog nie wakker nie. Ten minste lyk dit darem nou of ek besig is om julle wakker te kry!

Boer-in-die-Wind ·

Duidelik is jy besig om aannames oor my te maak. (Weet nie op grond van watter inligting nie?)
Wie is die “julle” saam met wie jy my groepeer?
En wat is die “regte dinge begin reg doen” waarvan jy praat?

John ·

… onthou tog net Steve het die reg op vryheid van spraak, ander Afrikaners wie se menings van syne verskil moet hul bekke hou. Die oom het ook ‘n soet seun… een van baie soos Zuma… en baie vroue in sy verlede en hy sing… soos Zuma… Hy is ons wit Zuma… bring my… Ek wag vir die galbraak…

Dirk ·

Jislaaik John, jy sing soos n ou op wie se seer toon ek getrap het. Sorry ou maat, hoe moes ek nou geweet het dat jy “gout” in jou toon het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.