Radiodrama: Môregloed (al die episodes)

Moregloed_stad.jpg

Foto: pixabay.com

Môregloed is Maroela Media se radiovervolgverhaal van 24 weke, wat op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai word.

Môregloed is ʼn verhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, ʼn stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met ʼn goeie skoot humor.

Die vervolgverhaal word uitgesaai te danke aan Virseker, met ʼn hart vir Afrikaans en Afrikaanse radio. Borgskappe stel ons in staat om minstens een keer per jaar só ʼn radiovervolgverhaal vervaardig.

Luister gerus Môregloed op jou plaaslike gemeenskapsradiostasie – kyk hier na ʼn lys van die stasies wat dit uitsaai met hul uitsaaitye. Andersins kan jy elke dag se episode sommer net hier op Maroela Media kom luister en jy kan inhaal op die episodes wat jy misgeloop het.

Die rolverdeling is soos volg:
Theuns Malan – Anton Dekker
Eben de Jager – Antowan Nöthling
Griet Kotze – Sulette Thompson
Patricia de Villiers – Esmeralda Bihl
Elmari Neethling – Su-an Müller-Marais
Aletta – Bettie Kemp
Lionel Peters – Duncan Johnson

Vervaardiger: Bettie Kemp
Klanktegnici: Marius Vermaak
Skrywer: Joe Kleinhans

Hierdie radiodrama is in Die Koöperasie, Maroela Media se aanlyn winkel, beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

D ·

Daar kort nog n paar episodes om ordentlik te eindig. Die regte lewe is. moeilik genoeg…mens wil nie só lank na iets luister (en Lionel Peters verdra!) en dan hetdit nie n goeie einde nie…skryf seblief nog so 5 episodes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.