Soorte resepte:

Resep: Kitspoeding-yskastert

Kitspoeding-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

Die naweek is nie daar vir moeite doen nie; maak hierdie tert sommer tjoef-tjaf!

Lewer 1 tert

Bestanddele

KORS

  • 75 ml botter, gesmelt
  • 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies, fyngemaak

VULSEL

  • 250 ml room
  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • 250 g (1 bakkie) gladde laevetmaaskaas
  • 90 g (1 pak) vanieljegeur kitspoeding

Metode

KORS

  1. Roer die botter by die fyngemaakte koekies. Druk die koekiekrummels op die bodem en teen die rand van ’n ronde 22 cm-tertbord.
  2. Plaas in die yskas terwyl die vulsel voorberei word.

VULSEL

  1. Klits die room tot net styf.
  2. Roer die kondensmelk en maaskaas by.
  3. Roer die kitspoeding by die kondensmelk mengsel. Werk vinnig omdat dit gou stol.
  4. Skep in die koekiekors en plaas in die yskas om te stol.

Bron: Lekker & vinnig: Resepte uit Vroukeur 2, Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarinB ·

Word die vanieljepoeding eers aangemaak of word dit in poeiervorm by room, ens, gevoeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.