Agterblad: Kan 2 SA spanne finaal haal?

Foto: Verskaf.

Ná die Bulls se naelbytsege teen die Sharks, en die Stormers wat ploeter-ploeter ’n pak slae vir Edinburgh uitgedeel het, is alle oë op die naweek se halfeindstryd-aksie van die Verenigde Rugbykampioenskap gerig.

Vir die Pretorianers is dit die groot trek noordwaarts na Dublin om ’n gedugte Leinster-span die stryd aan te sê – beslis een van die reeks se taaiste uitdagings.

In die mooie Kaap van Storms is dit John Dobson se flair-belaaide groep wat hoop om dit twee uit twee teen Duane Vermeulen se Ulster op “Nuwerland” te maak.

Gaan Ulster weer hul pak kom haal, of sal die Stormers weer hul ware uitklopkleure na vore bring?

Oudskeidsregter Jéan de Wet kom gesels saam met die Agterblad-span oor die naweek se halfeindstryd-aksie.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

Ek wil nou nie negatief klink nie maar daar is ‘n goeie kans dat albei ons spanne gaan verloor. Ek dink die Bulle gaan definitief verloor. Die Stormers wedstryd gaan naby wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.