Binder byt vas ondanks val in Texas

Suid-Afrika se Brad Binder. Foto: Gigi Soldano/Studio Milagro/DPPI via AFP.

Suid-Afrika se MotoGP-motorfietsjaer Brad Binder is ʼn vegter wat nie opgee nie.

Die noodlot het laat Sondagaand behoorlik in Texas in Amerika toegeslaan. Binder was agtste toe hy net ná die halfpadmerk van die Amerikaanse MotoGP geval het, maar blitsig opgestaan en voortgejaag het om uiteindelik 13de te eindig.

Binder, wat 11de weggespring het en vyfde in Saterdagaand se naelren was, is ʼn kanniedood wat bereid is om deur enige pyndrempel te jaag.

Die Grand Prix is deur Alex Rins (Honda) gewen, wat sy 18de loopbaanoorwinning was en Honda se eerste oorwinning in vyf jaar.

Dit was Rins se derde ren vir sy nuwe span.

Luca Martini (Mooney VR46 Ducati) was tweede en Fabio Quartararo (Monster Yamaha) derde, Maverick Viñales (Aprilia Factory) vierde, Miguel Oliveira (Aprilia) vyfde en Marco Bezzecchi (Mooney VR46 Ducati) sesde.

Verskeie groot gunstelinge het net soos Binder geval. Jorge Martín (Pramac Ducati) was reeds in die eerste rondte plat en sy valslag het Alex Marquez (Gresini Ducati) se aanslag ook beëindig.

Anders as Binder het sy KTM-spanmaat, Jack Miller, Aleix Espargaro (Aprilia), die huidige wêreldkampioen, Francesco Bagnaia (Ducati Lenovo), Joan Mir (Repsol Honda), Raúl Fernández (Aprilia), Takaaki Nakagami (Honda) en Stefan Bradl (Honda) nie die ren voltooi nie.

Bezzecchi is steeds voor op die kampioenskapspuntelys (64 punte), gevolg deur Bagnaia (53) en Rins (47).

Binder (33) het met twee posisies afgeskuif tot negende.

Die volgende Grand Prix is die Spaanse MotoGP op 30 April in Jerez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

My innige simpatie Brad,maar hoeveel wedrenne het jy al gewen en hoeveel keer was jy al as wêreldkampioen gekroon.

Kuver ·

Sit hom op n Ducati en sien eat gebeur, die KTM is net nie goed genoeg nie, hy het hierdie jaar ook vir Miller ire aan gesit op dieselfde motorfiets

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.