Brad skok met sege in MotoGP se naelren

(Foto:
Red Bull KTM Factory Racing/Twitter)

Die Suid-Afrikaner Brad Binder (Red Bull KTM) het Saterdagaand by Termas de Rio Hondo in Santiago sy een hand op die wennerstrofee vir Sondagaand se Argentynse MotoGP gesit toe hy die vooraf-naelren oor 12 rondtes gewen het.

(Foto:
Red Bull KTM Factory Racing/Twitter)

Wat Binder se prestasie merkwaardig gemaak het, was dat hy in die 15de posisie weggespring het.

Hy het oudergewoonte soos ʼn blits weggespring en was ná die eerste rondte sewende.

Hy was reeds in die derde rondte teen alle verwagtinge in voor waar hy enduit gebly het.

Binder het 12 punte met sy oorwinning in dié nuutjie in MotoGP verdien en hoewel hy 16de vir Sondagaand se MotoGP gekwalifiseer het, sal die ander jaers baie deeglik kennis van hom moet neem.

As Binder eers voor is, laat hy nie los nie.

Marco Bezzecchi (Mooney VR46 Ducati) was tweede, Luca Marini (Mooney VR46 Ducati) derde, Franco Morbidelli (Monster Yamaha) vierde, Alex Marquez (Gresini Ducati) vyfde en Francesco Bagnianai (Ducati Lenovo) sesde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

Voorwaar ‘n prestasie Brad,doen do voort en maak ons trots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.