‘Ek is nogal ’n goeie speler’ – Serena

Serena Williams. Foto: Elsa/Getty Images/AFP.

Wanneer Serena Williams deesdae haar voet op die tennisbaan in New York sit, word sy deur klinkende simbale, kletsrymers wat haar lof besing en entoesiastiese toeskouers begroet.

In teenstelling met al die bohaai-opskopsessies moet haar teenstanders geduldig wag totdat dinge eers weer bedaar.

Die 40-jarige speler is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope nadat sy met die wêreld se naasbeste speler afgereken het. Sy het Anett Kontaveit met 7-6, 2-6 en 6-2 geklop.

Die wenner van 23 Grand Slam-titels het vroeër aangedui dat die “aftelling tot haar uittrede” amptelik begin het. Maar ná haar jongste oorwinning het sy effens van deuntjie verander; daar is nou vir eers geen haas om haar raket weg te bêre nie.

“Dit voel of ek al vir my ganse loopbaan met ’n groot teiken op my rug rondloop omdat ek my eerste Grand Slam-titel op so ’n jong ouderdom (17) gewen het. Maar dinge is nou anders; dit voel of ek reeds gewen het. Ek het eintlik al ongelooflike dinge gedoen,” het Williams ná die Kontaveit-wedstryd gesê.

“Ek het nog ’n bietjie petrol in die tenk oor en ons sal sien hoe dinge uitdraai. Ek is nogal ’n goeie speler en ek is mal oor ’n uitdaging.”

Die toeskouers in die Arthur Ashe-stadion het haar omtrent ná elkeen van haar houe aangemoedig. Tiger Woods het haar vordering vanuit sy pawiljoensitplek dopgehou en die aankondiger het haar as “die beste ooit” bestempel.

Daarteenoor moes dit ’n intimiderende ervaring vir Kontaveit gewees het.

“Dit was moeilik. Ek het dit eintlik verwag, maar hierdie is iets wat ek nog nooit vantevore in my loopbaan ervaar het nie.”

Uitslae:

Daniil Medvedev klop Arthur Rinderknech met 6-2, 7-5 en 6-3

Jack Draper klop Felix Auger-Aliassime met 6-4, 6-4 en 6-4

Nick Kyrgios klop Benjamin Bonzi met 7-6, 6-4, 4-6 en 6-4

Casper Ruud klop Tim van Rijthoven met 6-7, 6-4, 6-4 en 6-4

Matteo Berrettini klop Hugo Grenier met 2-6, 6-1, 7-6 en 7-6

Andy Murray klop Emilio Nava met 5-7, 6-3, 6-1 en 6-0

Bianca Andreescu klop Beatriz Haddad Maia met 6-2 en 6-4

Serena Williams klop Anett Kontaveit met 7-6, 2-6 en 6-2

Coco Gauff klop Elena-Gabriela Ruse met 6-2 en 7-6

Wang Xiyu klop Maria Sakkari met 3-6, 7-5 en 7-5

Ons Jabeur klop Elizabeth Mandlik met 7-5 en 6-2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet ·

Uit verband geruk. Ek het haar nog nooit as grootpraterig of verwaand ervaar nie.

Werner ·

Wanneer jy vir ‘n skeidsregter sê, “Jy sal nooit ooit weer ‘n skeidsregter by my wedstryde wees nie”, is dit nie verwaand nie?
Of wanneer jy ‘n lynregter dreig en sê sy sal ‘n bal in haar keel af druk, is dit ook nie verwaand nie?

piet ·

Nee, dis kwaad wees vir beslissings. Ander gooi rakette rond in die ingewing van die oomblik. Sy was nog altyd respekvol en grasieus teenoor haar teenstanders. Ek het nog nooit gehoor dat sy enige iets slegs se van enige teenstander nie. Sy mag dalk aggressief voorkom op die baan self wanneer sy speel maar definitief een van die meer nederige spelers van die baan af.

George ·

so dreigemente is vir jou okay, dreigemente om loopbane en seer te maak is okay? Sy moes geskors geword het, maar toe gooi sy haar racecard rond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.