Franse Ope kelder Osaka se segetog

Naomi Osaka. Foto: (AP Photo/Michel Euler)

Die Japanner Naomi Osaka se Grand Slam-segetog het tot ʼn einde gekom toe sy in die derde ronde van die Franse Ope uitgeskakel is.

Die eerste gekeurde Osaka het Saterdag met 6-4, 6-2 teen die 42ste gekeurde Katerina Siniakova vasgeval. Osaka het voor haar nederlaag teen Siniakova al 16 haar laaste Grand Slam-wedstryde gewen.

Katerina Siniakova. Foto: (AP Photo/Michel Euler)

Die verdedigende vrouekampioen, Simona Halep, het haar plek in die volgende ronde verseker nadat sy Lesia Tsurenko met 6-2, 6-1 geklop het.

Die Serwiër Novak Djokovic het ook sy plek in die volgende ronde verseker nadat hy Italië se Salvatore Caruso Saterdag met 6-3, 6-3, 6-2 geklop het.

Stefanos Tsitsipas. Foto: (AP Photo/Christophe Ena )

Stefanos Tsitsipas het intussen die eerste Griek in meer as 80 jaar geword om die vierde ronde van die Franse Ope te haal. Die sesde gekeurde Tsitsipas het die 60ste gekeurde Filip Krajinovic met 7-5, 6-3, 6-7 (5), 7-6 (6) geklop.

Stan Wawrinka, 2015 se manswenner en 2017 se naaswenner, het Grigor Dimitrov, met 7-6 (5), 7-6 (4), 7-6 (8) geklop.

Roger Federer se terugkeer na Roland Garros het vir hom die titel besorg as die eerste tennisspeler om 400 Grand Slam-wedstryde te speel. Hy het sy plek in die vierde ronde verseker toe hy Casper Ruud met 6-3, 6-1, 7-6 (8) geklop het.

Rafael Nadal het David Goffin met 6-1, 6-3, 4-6, 6-3 geklop om vir ʼn rekord 14de keer die laaste 16 in Parys te bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.