Franse Ope sorg vir opwindende tweestryde

Carlos Alcaraz moes diep delf om vir Albert Ramos-Vinolas te klop. Foto: Christophe Archambault/AFP.

As jy ooit gewonder het hoe die 19-jarige Carlos Alcaraz ’n taai Grand Slam-wedstryd wat oor vyf stelle beslis word sal hanteer, het hy nou jou antwoord.

Die jong Spanjaard moes gister diep delf om sy landgenoot Albert Ramos-Vinolas met 6-1, 6-7, 5-7, 7-6 en 6-4 in ’n briljante Franse Ope-wedstryd te klop. In die proses het hy ook ’n agterstand van 0-3 in die vyfde en beslissende stel uitgewis.

“Ek is moeg, maar dit was ’n wonderlike tweestryd. Ek het vooraf geweet dat hierdie ’n taai wedstryd sal wees en ons het tot die laaste punt baklei. Ek is baie tevrede met my vertoning,” het Alcaraz gesê.

Rafael Nadal. Foto: Twitter.

Dan het Rafael Nadal die 300ste Grand Slam-wedstryd van sy roemryke loopbaan gewen toe hy Corentin Moutet met 6-3, 6-1 en 6-4 geklop het.

Die “koning van klei” is nog op koers om sy 14de titel op Roland-Garros te wen en hy sal teen Botic van de Zandschulp in die volgende ronde te staan kom.

Novak Djokovic is ook tevrede met die wyse waarop hy met Alex Molcan afgereken het. Die wêreld se voorste speler het sy Slowaakse teenstander met 6-2, 6-3 en 7-6 ore aangesit.

Op die Phillipe-Chatrier-baan het Sebastian Baez vir Alexander Zverev goed skrikgemaak toe hy die eerste twee stelle gewen het.

Die Duitser het egter teruggeveg om die kragmeting met 2-6, 4-6, 6-1, 6-2 en 7-5 te beklink.

Uitslae:

Rafael Nadal klop Corentin Moutet met 6-3, 6-1 en 6-4

Carlos Alcaraz klop Albert Ramos-Vinolas met 6-1, 6-7, 5-7, 7-6 en 6-4

Sebastian Korda klop Richard Gasquet met 7-6, 6-3 en 6-3

Grigor Dimitrov klop Borna Coric met 6-0, 6-4 en 6-3

Novak Djokovic klop Alex Molcan met 6-2, 6-3 en 7-6

Diego Schwartzman klop Jaume Munar met 2-6, 6-7, 6-2, 6-2 en 6-2

Alexander Zverev klop Sebastian Baez met 2-6, 4-6, 6-1, 6-2 en 7-5

Cameron Norrie klop Jason Kubler met 6-3, 6-4 en 6-3

Felix Auger-Aliassime klop Camilo Ugo Carabelli met 6-0, 6-3 en 6-4

John Isner klop Gregoir Barrere met 6-4, 6-4, 3-6 en 7-6

Belinda Bencic klop Bianca Andreescu met 6-2 en 6-4

Sloane Stephens klop Sorana Cirstea met 3-6, 6-2 en 6-0

Coco Gauff klop Alison van Uytvanck met 6-1 en 7-6

Amanda Anisimova klop Donna Vekic met 6-4 en 6-1

Karolina Muchova klop Maria Sakkari met 7-6 en 7-6

Victoria Azarenka klop Andrea Petkovic met 6-1 en 7-6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.