Groot netbalaksie wag in Januarie

Shadine van der Merwe in aksie op die netbalbaan. Foto: Verskaf.

Die vierhoekige netbalreeks tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Engeland word Januarie in Kaapstad aangebied en dit dien as die perfekte littelosmaker vir die Wêreldbeker-toernooi wat later in die einste stad sal plaasvind.

Dit is slegs die derde keer dat Suid-Afrika gasheer vir die reeks sal speel en plaaslike netbalondersteuners kan van die wêreld se voorste spelers in aksie sien.

Volgens Wêreldnetbal se amptelike ranglys is die Aussies tans die voorste netballand op die internasionale verhoog, gevolg deur Nieu-Seeland en Engeland. Suid-Afrika beklee die vyfde plek op  dié lys.

“Die tydsberekening van die vierhoekige reeks kon nie beter nie omdat die Wêreldbeker-toernooi net ʼn paar maande weg is,” het Cecilia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, gesê.

“Ons kry nou ʼn geleentheid om onsself teen die topspanne te meet en te sien waar ons kan verbeter.”

Die Proteas het pas ʼn oefenkamp in Stellenbosch voltooi en hulle sal vroeg in die nuwe jaar weer byeenkom om vir die internasionale tweestryde voor te berei.

  • Bepalings:

21 Januarie: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland en Australië teen Engeland

22 Januarie: Suid-Afrika teen Engeland en Australië teen Nieu-Seeland

24 Januarie: Engeland teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Australië

25 Januarie: Uitspeelwedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.