‘Lewis sal terug wees’

Lewis Hamilton. (AP Photo/Rick Rycroft).

Sedert die dramatiese gebeure in Abu Dhabi doen verskeie gerugte die ronde dat Lewis Hamilton en Mercedes‑Benz binnekort sal aankondig dat hulle klaar met F1 is.

Maar volgens Martin Brundle moet jy nie te veel aandag aan dié riemtelegramme gee nie.

Dié gewilde oudrenjaer en Sky Sports-kommentator het in ’n onderhoud gesê dat die gerugte darem ’n bietjie té dik vir ’n daalder is.

“Om eerlik te wees, ek glo dit glad nie. F1 verrig wondere vir die Mercedes-handelsmerk, terwyl Lewis op 37-jarige ouderdom op die kruin van sy bestuursvernuf moet wees. Hy sal terug wees,” het Brundle gesê.

Agter die stuur van sy kragtige Mercedes-renmotor in die finale wedren van die 2021-seisoen was Hamilton goed op koers om sy agtste wêreldtitel in te oes, maar moes in afgryse toekyk hoe Verstappen die kampioenskap in ’n dramatiese finale ronde voor sy neus wegraap.

Die Red Bull-manne het egter aangevoer dat Verstappen die titel verdien het: Hy was vir 652 rondes heel voor in die wedrenkoor, terwyl Hamilton vir slegs 297 rondes die pas aangegee het.

Die FIA (F1 se beheerliggaam) het onder kritiek ná die gebeure in Abu Dhabi deurgeloop en veral Michael Masi (wedrendirekteur) was in die spervuur.

Oorsese mediaberigte voer selfs aan dat Hamilton en kie slegs sal voortgaan as Masi nie meer deel van die komende wedrenplanne is nie.

Maar Brundle glo dat dit óók nonsens is.

“As ek ’n F1-spanbaas was en een van my renjaers kom na my toe met ʼn waarskuwing dat hy nie meer sal deelneem as ’n sekere persoon in sy pos aanbly nie, sal ek eerder begin dink dat die renjaer sy motivering verloor het. Ek dink Lewis sal terug wees en hy sal harder as ooit probeer.”

Sedert sy laaste wedren is Hamilton baie stiller as gewoonlik op sosiale media, terwyl hy ook nie die gala-geleentheid bygewoon het waar Verstappen sy trofee in ontvangs geneem het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Ek stem. Hy kan maar ophou ry, niemand gaan hom mis nie.

krodedil ·

Ek het so gehoop dis die einde van Lewis. F1 het nie sulke swak verloorders en sportmanne nodig nie. Maar soos hulle sê, elke sport het ‘n swart skapie.

Andre ·

Die rassis maak almal siek,hy is n swak veloorder en is swak verteenvoordiger vir F1.

Snuffelgids ·

Hy soek aandag, en sodra hy nie al die aandig kry nie…gooi hy n tantrum. Nou soek hy aandag met stilstuipe…gaan weg asb, minder nuus oor jou Sal fantasties wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.