MotoGP: Honda gooi ʼn stewige skaduwee oor Ducati

Marc Marquez. Foto: Hendrik Schmidt/dpa via AP

Die Japannese MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) word Sondag op die Motegi Twin Ring-baan in Japan gejaag. Alhoewel Ducati die laaste paar wedrenne goed gevaar het, was hulle die hele seisoen in Honda se skaduwee.

Die laaste ren (7 Oktober) in Thailand is deur Marc Marquez (Repsol Honda) gewen met Andrea Dovizioso (Ducati) tweede en Maverick Vinales (Yamaha) derde.

Op die jongste punteleer is Marquez gemaklik voor.

  1. Marc Marquez (Repsol Honda) 271
  2. Andrea Dovizioso (Ducati) 194
  3. Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 172
  4. Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 146
  5. Jorge Lorenzo (Ducati) 130

Nou lê Japan voor. Japan is die tuiste van MotoGP want Honda, Yamaha en Suzuki word hier vervaardig. Die Motegi Twin Ring-baan is sedert 1999 op die wedrenkalender toe die eerste wedren op die baan aangebied is. Die eerste Japanse Grand Prix is reeds in 1963 in Suzuka in Japan aangebied en sedertdien is daar 40 Grand Prix-renne in dié land aangebied.

Die Motegi Twin Ring-baan is 4,8 km lank en spog met 8 draaie na regs en 6 na links. Die langste pylvak is 762 m lank. In 2015 het Andrea Iannone ʼn topsnelheid van 314,3 km/h op dié baan aangeteken.

In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder tans derde op die punteleer.

1        Francesco Bagnaia (Kalex) 259

2        Miguel Oliveira (KTM) 231

3        Brad Binder (KTM) 157

4        Lorenzo Baldassarri (Kalex) 132

Die oefenrondes begin Vrydag terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word. Die groot kanonne sal Sondagoggend 07:00 Suid-Afrikaanse tyd wegtrek.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Etienne Prinsloo ·

So very sick and tired of your Honda worship. It harks of the Brit magazine Bike whom is owned by Honda. Pathetic and oh so predictable.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.