Nederland kelder Banyana se drome

(Foto:
Minister of Sport, Arts & Culture/Twitter)

Banyana Banyana kon vroeg Sondagoggend in Sydney nie daarin slaag om verder in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue vorder nie, maar hulle keer as baanbrekers terug Suid-Afrika toe.

Nederland, wat in 2019 se eindstryd gespeel het, het met 2-0 gewen ná doele deur Jill Roord en Lineth Beerenstein.

Is Banyana verneder? Geensins nie, want al die Nederlandse spelers speel vir skatryk klubs in Europa. Die Nederlanders is negende op Fifa se wêreldranglys en saam het die span reeds meer as 1 500 toetse agter die blad.

Banyana, wat maar 54ste op die ranglys voor die toernooi was, het van die begin af nie die nodige erkenning en ondersteuning van die sokkerbase gekry nie.

Nadat hulle Marokko in die eindstryd van die Afrikanasiesbeker-reeks geklop het om vir die WB-toernooi te kwalifiseer, moes hulle bakhand staan om soos kampioene behandel te word.

Die laaste strooi was toe hulle in hul laaste opwarmwedstryd teen Botswana op ʼn ondergeskikte veld in Tsakane in Brakpan moes speel om te groet, wat hulle geboikot het.

Teen alle verwagtinge in het hulle Costa Rica in ʼn opwarmwedstryd Doer Onder geklop, baie goed in hul eerste wedstryd teen Swede vertoon en Italië uitgeskakel.

Teen Nederland was die bult te steil, maar dit was geensins eenrigtingverkeer nie.

Banyana het ook in 2019 se WB-toernooi in Frankryk gespeel, maar kon toe nie ʼn punt verower en tot die uitspeelrondtes vorder nie.

As die SA Sokkervereniging (Safa) sy woord gestand hou en vrouesokker dieselfde behandel as vrouekrieket, rugby en netbal, kan Banyana ook saamgesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tubac ·

Probeer maar weer, sonder julle nukke en grille . Die wereld beker word nie gewen voor die vliegtuig sy vlerke gelig het nie. Sien die netbal span as n rolmodel. DE se uitlating dat die WB julle toekom is onsmaaklik en arrogant.

piet ·

Ek dink hulle het baie goed gespeel die hele toernooi, Holland is een van die topspanne in die wereld, net in ‘n ander klas. Nie ‘n skande om teen hulle te verloor nie.

Anel ·

Solank alles net om geld draai, sal hulle nêrens kom nie. Daar is spanne wat alles op hul eie doen en nie so bevoorreg is so die lot nie, vir wie dit ‘n eer is om vir hul land te speel. Nie dink ondat hulle ‘n bal kan skop dat die land hulle iets skuld nie. Wen bietjie is en wys julle trots, nie julle arogansie nie. Dan kan mens weer praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.