Op die tennisbaan is Federer oud, maar nog glad nie koud

(AP Photo/Alastair Grant)

Hy mag dalk 40 jaar oud word in die jaar wanneer hy weer op die wêreld se tennisbane in aksie is, maar Roger Federer is nog so gevaarlik soos altyd.

Só het die voormalige Wimbledon-kampioen, Marion Bartoli, gesê.

Federer het te midde van die deurmekaar Covid-19-sportjaar ’n blaaskans geneem om van sy knie-operasie te herstel. In die tydperk het hy gesien hoe Dominic Thiem die Amerikaanse Ope gewen het, terwyl Rafael Nadal sy rekord van 20 Grand Slam-titels geëwenaar het met sy 13de Franse Ope-titel op Roland-Garros.

“Gaan Roger Federer nog ’n Grand Slam wen? Ja, natuurlik,” het Bartoli gesê. En soos oudergewoonte sal Wimbledon weer eens sy beste kans wees om met ’n 21ste titel weg te stap.

Volgens Bartoli sal dit tot Federer se voordeel strek as hy ’n paar toernooie vóór Wimbledon speel. Die 39-jarige beplan juis om sy terugkeer Januariemaand by die Australiese Ope te maak.

“Die grasbane pas sy manier van speel soos ’n handskoen en hy sal nie sommer daar rondgejaag word nie. As hy genoeg momentum en selfvertroue het, sal hy beslis wen.”

Novak Djokovic. Argieffoto.

Intussen sal Novak Djokovic die jaar vir die sesde keer in sy loopbaan as die wêreld se voorste speler afsluit.

Die 33-jarige Serwiër het pas met Borna Coric in Wene afgereken en sal na verwagting die wêreld se oudste no. 1 word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.