Osaka, Raducanu in 1ste ronde uitgeboender

Naomi Osaka is deur Danielle Collins in New York uitgeskakel. Foto: Corey Sipkin/AFP.

Naomi Osaka het vir die eerste keer in haar loopbaan nie na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope in New York deurgedring nie.

Danielle Collins het haar eerste wedstryd in vier probeerslae teen die Japanse speler gewen toe sy die voormalige kampioen met 7-6 en 6-3 huis toe gestuur het.

“Wanneer ’n mens drie keer agtereenvolgens teen dieselfde speler verloor, weet jy presies waaraan jy moet aandag gee. Ek het my huiswerk gedoen en die nodige aanpassings gemaak,” het Collins gesê.

Dan loop Emma Raducanu die gevaar om net soos Lou Bega en Vanilla Ice ’n bietjie te lank aan haar kitsroem vas te klou.

Die verdedigende kampioen is ook in die openingsronde deur Alize Cornett met 6-3 en 6-3 uitgeboender.

“Ek sal nou seker nie meer so baie deur ander spelers geteiken word nie. Ek het terselfdertyd ’n kans om terug te veg en myself weer te bewys,” het Raducanu ná die nederlaag gesê.

Die 19-jarige Brit het ’n maand of twee gelede onder die toptienspelers ter wêreld getel. Sy kan haarself binnekort nie eens onder die voorste 75 spelers bevind nie.

In die mansafdeling het Rafael Nadal sy Amerikaanse Ope-veldtog op ’n wennoot begin toe hy vir Rinky Hijikata met 4-6, 6-2, 6-3 en 6-3 geklop het.

Die 36-jarige Spanjaard het reeds vanjaar met die Australiese Ope- en Franse Ope-titels weggestap, maar ’n rits beserings het hom ongetwyfeld gekniehalter.

“Ek is baie tevrede met my vertoning. Baie mense het gedink dat ek nie weer sou speel nie. Ek moet nou net nederig bly en dinge aanvaar soos wat dit is,” het Nadal gesê.

Hy speel teen Fabo Fognini in die volgende ronde.

Uitslae:

Hubert Hurkacz klop Oscar Otte met 6-4, 6-2 en 6-4

Fabio Fognini klop Aslan Karatsev met 1-6, 5-7, 6-4, 6-1 en 6-4

Lorenzo Musetti klop David Goffin met 3-6, 7-5, 6-4, 3-6 en 7-6

Jannik Sinner klop Daniel Altmaier met 5-7, 6-2, 6-1, 3-6 en 6-1

Borna Coric klop Enzo Couacaud met 6-2, 7-6, 3-6, 4-6 en 7-5

Andrey Rublev klop Laslo Dere met 7-6, 6-3, 3-6, 4-6 en 6-4

Richard Gasquet klop Taro Daniel met 6-4, 6-7, 6-2 en 6-2

Rafael Nadal klop Rinky Hijikata met 4-6, 6-2, 6-3 en 6-3

Denis Shapovalov klop Marc-Andrea Huesler met 2-6, 6-4, 6-4, 3-6 en 6-1

Yulia Putintseva klop Amanda Anisimova met 6-3 en 6-3

Alison van Uytvanvk klop Venus Williams met 6-1 en 7-5

Paula Badosa klop Lesia Tsurenko met 3-6, 7-6 en 6-3

Aryna Sabalenka klop Catherine Harrison met 6-1 en 6-3

Iga Swiatek klop Jasmine Paolini met 6-3 en 6-0

Danielle Collins klop Naomi Osaka met 7-6 en 6-3

Alizé Cornet klop Emma Raducanu met 6-3 en 6-3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Sy was so goed en almal haar gelove
Maar toe sy soos Ngidi eers begin met black live matters en sy Dink sy is groter en beter as tennis toe vou als
Of is ek verkeerd?
All lives matter, maak nie saak ras of geslag
Hoop regtig sy word weer die ou Naomi
Sy defnitief nie finabsieele probleme, verstaan steeds die top verdiende atleet in wereld

Moedeloos ·

Ek was nog nooit n Raducanu fan nie maar hierdie speler moet besef sy is net so goed soos gister. Alles verander oornag en dan is jou roem verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.