Proteas al weer te sterk vir Wallis

Die Protea-netbalspan in Birmingham. Foto: Twitter.

Die Protea-netbalspan het vandag hul 19de wedstryd op ’n streep teen Wallis gewen toe hulle vandag ’n Statebondkragmeting met 69–51 in Birmingham beklink het.

Ná ’n taai eerste kwart het die Suid-Afrikaners die krane in die tweede en derde kwart oopgedraai om ’n gemaklike voorsprong op te bou.

Die wisselwerking tussen al die spelers was goed, terwyl Elmeré van der Berg en Kie dodelik in die doelsirkel was.

Hoewel Wallis met meer dringendheid in die finale kwart gespeel het, het die Suid-Afrikaners steeds hopeloos te veel skietgoed op die baan gehad.

Die Proteas speel môre om 19:50 teen Skotland en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Tellings ná elke kwart (Suid-Afrika se telling eerste):

Eerste kwart: 12–12

Tweede kwart: 31–21

Derde kwart: 53–32

Vierde kwart: 69–51.

Proteas teen Wallis: Ine-Marí Venter, Elmeré van der Berg, Bongi Msomi (kaptein), Izette Griesel, Khanyisa Chawane, Zanele Vimbela en Phumza Maweni. Plaasvervangers: Lefébre Rademan, Nichole Taljaard, Tshina Mdau, Shadine van der Merwe en Nicola Smith.

Uitslae van vorige Statebondwedstryde:

49–74 teen Australië

91–36 teen Barbados

49–68 teen Jamaika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Sal nog baie moet verbeter om eendag vir Australie, Jamaika en NZ te klop. Selfs Engeland is beter. Dinge het agteruit gegaan nadat die Aussie afrigter weg is. Dis jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.