Proteas is beste netbalspan in Afrika

Dorette Badenhorst het haar eerste toernooi aan die stuur van die Protea-netbalspan gewen. Foto: Netball South Africa se Facebookblad.

Hulle het eers vir Engeland in ’n reeks in Liverpool skrikgemaak, daarna het hulle uitstekend by die Wêreldbeker-netbaltoernooi gevaar en nou is hulle die Afrika-kampioen!

Die Protea-netbalspan is gister in Kaapstad as die beste netbalspan op die kontinent gekroon toe hulle vir Zambië met 72 – 53 in hul finale wedstryd getroef het.

Die Zambiërs het vroeg met 5 – 3 voorgeloop, maar Lenize Potgieter het haar uitstekende doelskietvorm voortgesit en die Suid-Afrikaners het ná die eerste kwart met 17 – 12 voorgeloop.

Toe die eindfluitjie geblaas het, het die Proteas hul sesde agtereenvolgende wedstryd van die toernooi gewen en is welverdiend as die Afrika-kampioenspan aangewys.

Spar, die span se hoofborg, het aangedui dat elke speler ’n bonus van R10 000 sal ontvang omdat hulle die toernooi gewen het.

Die span is volgende teen Engeland in ’n tuisreeks in aksie. Sleutelspelers soos Erin Burger en Karla Pretorius het juis ’n blaaskans vóór die belangrike reeks geniet.

Die aksie sal op 29 November in die Kaap begin.

  • Uitslae van die Afrika-beker se laaste wedstryde:

Suid-Afrika 72 – 53 teen Zambië

Uganda 61 – 42 teen Kenia

Malawi 71 – 46 teen Zimbabwe

Zambië 68 – 32 teen Lesotho

  • Ander toekennings:

Beste doelskieter: Beauty Makazwe (Zambië)

Mees waardevolle speler: Mary Cholhok (Uganda)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Devil ·

As dit nie vir kwotas was nie kon julle heel waarskynlik die beste in die wêreld gewees het….hoe hartseer om met tweede beste tevrede te moet wees!

Carine ·

Ag nee Devil, dis onvanpas. Ons dames moet nog hul voete vind met die nuwe span en spelers. Hulle almal het hul goed van hul taak gekwyt. Nie een van die “kwotas” hoef terug te staan nie. Hulle is almal briljant. En die span is ‘n span wat mekaar ondersteun.

Devil ·

So lank daar kwotas in sport bestaan sal ek ALTYD wonder of die swart spelers hul plek verdien het en of dit nie aan hulle gegee is net omdat hulle swart is nie!

Martin Dreyer ·

Dis net so ironies dat SA so gedomineer het, maar Beste doelskieter en Mees waardevolle speler kom nie uit hulle geledere nie. Ek verstaan nie ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.