Proteas maak gereed vir Rose-toets

Suid-Afrika speel binnekort drie toetse teen Engeland. (Foto: Twitter/Netball SA)

Die Protea-netbalspan sal in Desember drie wedstryde teen die Rose in Engeland speel. Die kragmetings sal onderskeidelik in Manchester en Nottingham beslis word.

Bongi Msomi sal oudergewoonte die groep van 14 spelers aanvoer wat ervare sterre soos Karla Pretorius, Phumza Maweni en Ine-Marí Taljaard insluit.

Die opwindende Ané Retief, kaptein van Kovsies se netbalspan, kan haar internasionale buiging in die reeks maak.

“Dit is enige atleet se droom om haar land te verteenwoordig en ek sien daarna uit om internasionale ervaring op te doen en by die ander spelers te leer,” het sy aan Bloemfontein Courant gesê.

Die Proteas is tans vyfde op Wêreldnetbal se amptelike ranglys, terwyl Engeland in die derde plek is.

Die span vertrek Maandag na Groot-Brittanje en hulle sal op 3 Desember ʼn opwarmingswedstryd teen Skotland speel voordat die Engeland-toetsreeks in alle erns op 5 Desember begin.

Proteas na Engeland: Boitumelo Mahloko, Kamogelo Maseko, Phumza Maweni, Bongi Msomi (kaptein), Rolene Streutker, Refiloe Nketsa, Karla Pretorius, Lefébre Rademan, Jeanté Strydom, Nicola Smith, Ané Retief, Owethu Ngubane, Ine-Marí Venter en Nicholé Taljaard.

Bepalings:

Eerste wedstryd: 5 Desember om 21:00

Tweede wedstryd: 9 Desember om 19:00

Derde wedstryd: 10 Desember om 16:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bre ·

Om Vaders naam… Hou net asseblief julle kant skoon. Moenie dat daar weer ‘n oor en weer getrekkery van die een kant na die ander kant wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.