Strickland kla oor kopstampsessie

Dricus du Plessis tref Sean Strickland met ’n goeie regtervuishou tydens hul geveg. (Foto: X/UFC)

Dit help normaalweg nie veel om oor gedane sake te kla nie, maar dié tikkie wysheid het nie vir Sean Strickland in sy spore gestuit om sy misnoeë oor die uitslag van die afgelope naweek se titelgeveg op sosiale media uit te spreek nie.

Suid-Afrika se Dricus du Plessis spog nou met die UFC-middelgewigtitel nadat die gevegsbeamptes in sy guns beslis het.

“Ons almal weet dat ek eintlik die geveg gewen het,” het Strickland op X, voorheen Twitter, gedeel.

Volgens die 32-jarige Amerikaner was hy aan die ontvangkant van ʼn kopstampsessie met Du Plessis.

Hy moes later gereeld bloed uit sy oog vee en hy moes sy bes doen om die Suid-Afrikaner se aanslag te keer.

“Die enigste rede waarom jy ʼn ronde van my weggeneem het, is omdat ek nie kon sien nie,” het Strickland op Instagram voortborduur terwyl hy ʼn videoinsetsel van die beweerde kopstampsessie aangeheg het.

Mediese personeel moes ook hul storie – aldus die Kalifornië-boorling – geken het om die wond te heg.

“Ek kon die maklike uitweg gekies het en die dokter in kennis gestel het dat ek sukkel om uit my oog te sien. Die ganse wêreld weet dat ek eintlik gewen het en dat daardie titel jou nooit ʼn ware kampioen sal maak nie.”

En Du Plessis se reaksie?

“Waarom huil jy nie maar net weer daaroor nie?” het die nuwe middelgewigkampioen op Instagram geantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ore ·

Ag ou, jy is nes die ou vasn NZ wat oor die skeidsregter gekla het. Vat jou pak soos ‘n man, toon bietjie sportmangees. Daag hom uit as dit jou pla. Almal het daai hou gesien waarmee hy jou getref het waarna jy begin bloei het.

Casper ·

Strickland kan gelukkig wees daar was net 5 rondtes,indien daar nog ‘n rondte was sou Dricus hom uitgeslaan het want hy was poegaai.

Manie ·

Korrek Casper, hy noem niks van die 6 “take downs” wat Dricus op hom uitgevoer het nie.

Vinny ·

Swak verloorder en swak karakter, Dricus se een oog was ook toe geswel.

Tinus ·

Ek hoop Dricus kry ook sy miljoen Rand by die regering, net soos Bhanjana Bhanjana, na hulle die Afrikabeker in sokker gewen het, of soos die Bokke. Hy verdien dit mos ook, net soos die ander wat as helde beskou word.

Frank ·

Ai tog, en ek het nogals van Strickland as sportman gehou!! Nie meer nie… cry-baby

George ·

@Tinus, hy “veg” nie vir n suid afrikaanse entiteit nie, maar as suid afrikaner, geen rede hoekom die staat hom n miljoen moet betaal nie.

George ·

@Frank, en is jy oraait daarmee dat Dup spottery maak met kinders wat abuse word?

Amelia ·

Ek is nou moeg vir al die spul swak verloorders. Kan ons Suid-Afrikaners dan nooit net ‘n wen geniet sonder die gedurige klagtes dat die wen onregverdig was?

SwartBees ·

En ek daag NZ en Eng is swak sportmanne…. Nou lyk dit my USA vat die koek in hierdie afdeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.