Uefa sê skeidsregter was nie rassisties

Sebastian Coltescu (tweede van links) en Demba Ra (tweede van regs) tydens verlede jaar se wedstryd. Foto: Franck Fife/AFP.

Die sokkerbeheerliggaam Uefa het vandeesweek gesê die Roemeense skeidsregter, Sebastian Colţescu, het nie rassisties opgetree in verlede jaar se wedstryd tussen Paris Saint-Germain en Istanbul Basaksehir nie.

Die spanne het Colţescu destyds van rassisme beskuldig tydens ’n onderonsie met die Turkse klub se Kameroense hulpafrigter, Pierre Webo, wat met ’n rooikaart na die kleedkamers gestuur is.

Op sy beurt het Webo aangevoer dat hy onder rassistiese taalgebruik deurgeloop het.

Volgens TV-beeldmateriaal het die ontstoke afrigter gevra waarom rassistiese terminologie gebruik is om hom mee te beskryf.

AFP het die onderonsie vertaal en Colţescu het na bewering gesê: “Dit is onmoontlik. Gaan identifiseer hom – die swart een.”

Demba Ba, ʼn Senegalees en Basaksehir se doelskieter, het daarna vir Colţescu gesê dat kleur nooit ’n faktor is wanneer daar van ’n wit persoon gepraat word nie.

Die voorval het in die 14de minuut van die kragmeting plaasgevind en die spelers het kort daarna uit protes van die veld gestap.

Hoewel Uefa nou bevind het dat die wedstrydbeampte hom nie aan rassistiese gedrag skuldig gemaak het nie, was sy optrede steeds nie van pas nie en hy is tot 30 Junie 2021 geskors.

“In ’n internasionale konteks is korrekte taalgebruik noodsaaklik om situasies soos hierdie te vermy,” het Uefa in ’n verklaring gesê.

“Ek probeer om ’n goeie mens te wees. Nodeloos om te sê gaan ek die media vir die volgende paar dae probeer vermy. Maar mense wat my ken, weet dat ek hoegenaamd nie ’n rassis is nie,” het Colţescu kort ná die wedstryd gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos10 ·

Tjom, wees bly jy is in Roemenië. As jy in SA was, was jy nou in die tronk.

Anton ·

Hy was rassisties. Reels is ‘n westerse konsep en dus by implikasie rassisties. Hy het ook die kaart in sy regter hand vas gehou wat ook rassisties is. Al wat hom red is dat die kaart rooi was. As daai kaartjie wit was, was hy verseker nou vir ewig verban :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.