UFC-hok wink weer vir Du Plessis

Dricus du Plessis saam met Dana White (UFC-baas) Foto: Twitter .

Op 11 Desember sal Dricus “Stillknocks” du Plessis sy derde teenstander in die Ultimate Fighting Championship-hok aanvat wanneer hy teen André Muniz van Brasilië by UFC269 te staan kom.

Die Suid-Afrikaner is tot dusver onoorwonne in sy UFC-loopbaan nadat hy vroeër met Markus Perez en Trevin Giles klaargespeel het.

Maar die 31-jarige Muniz sal hoegenaamd nie kanonvoer wees nie. Hy is ook onoorwonne ná sy drie gevegte, terwyl hy Ronaldo Souza se arm tydens UFC262 gebreek het.

Tog lyk dit nie of dit vir Du Plessis veel pla nie en hy het in ’n video op sosiale media gesê dat hy baie opgewonde is; hy het onlangs ’n kontrak van twee jaar met die UFC onderteken en hy wil juis poog om stelselmatig die ranglys na titelglorie te klim.

“Voor die einde van die jaar wil ek in nog ’n geveg betrokke wees om my plek onder die voorste atlete in my gewigsklas te verseker. Daarna wil ek die titel jaag,” het Du Plessis destyds ná die Giles-geveg gesê.

’n Oorwinning teen die 13de gekeurde Muniz sal die Suid-Afrikaner se drome ’n definitiewe hupstoot gee.

Die hoofgeveg sal na verwagting tussen Charles Oliveira en Dustin Poirier wees.

OFFICIAL FIGHT ANNOUNCEMENT!!11 December let’s go!#stillknocks???? #proudlysouthafrican???????? #preparetobeamazed #UFC269 #illshowyouhowgreatiam

Posted by Dricus "Stillknocks" du Plessis on Wednesday, September 8, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Malan ·

Hierdie jong man is ‘n Afrikaner in murg en been en ons moet hom ondersteun met alles wat ons het. Hy is nie skaam om hom uit te spreek teenoor plaasmoorde en die Afrikaner se saak nie. Go Dricus go !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.