Gholf: JC Ritchie doen dit weer

Die Suid-Afrikaner JC Ritchie (September 2020) (Foto: Jamie Squire/Getty Images/AFP)

Die Suid-Afrikaner JC Ritchie (-18), of Juan Carlo soos hy gedoop is, het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Bain’s Whisky Kaapstad Ope gewen. Hy moes ʼn lang sethou op die laaste putjie inslaan om met een hou te wen.

Die 19-jarige Ier Tom McKibbin (-15) het die laaste ronde met ʼn voorsprong van twee houe oor die 28-jarige Ritchie afgeslaan. McKibbin het brouhoue aangeteken op die derde, vierde en agste putjie teenoor die vier voëltjies wat Ritchie op die eerste nege putjies ingeryg het. McKibbin moes met die derde plek tevrede wees.

Die Belg Christopher Mivis het die Royal Cape-gholfbaan aan die brand te speel. Sy laaste ronde 66 het hom in die voortou gehad in die klubhuis op 17 houe onder die baansyfer. Ritchie se voëltjie op die agtiende het hom na die tweede plek geskuif.

Die Suid-Afrikaners Bryce Easton en Zander Lombard het saam met McKibbin in die derde plek geëindig.

Verlede jaar was Ritchie in ʼn uitspeelstryd gewikkel en het toe ook ʼn voëltjie 3 aangeteken op die agtiende om die titel te verower.

Nadat die Duitser Alexander Knappe verlede week die Dimension Data Pro-Am gewen het, was hy hierdie week in die 64ste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.