Sandler ‘herken’ sy baljoggie tussen Augusta-spelers

Will Zalatoris. Foto: Kevin C. Cox/Getty Images/AFP).

Die Meesters-gholftoernooi op Augusta het weliswaar die afgelope naweek tot ’n einde gekom met Japan se Hideki Matsuyama wat met die louere weggestap het.

Maar tussendeur al die aksie, drama en sethoue was daar ook tyd om ’n bietjie die gek te skeer.

Adam Sandler, wat destyds vir Shooter McGavin in die kultus-gholffliek Happy Gilmore ore aangesit het, het sy baljoggie tussen die Meesters-spelers herken.

Die einste baljoggie het immers ’n deurslaggewende rol in Gilmore se avonture van 1996 gespeel en sosiale media het onlangs gegons soos wat gholfondersteuners hom – sowat 25 jaar later – weer op Augusta raakgesien het.

Maar die jeugdige voorkoms en kenmerkende lang hare behoort egter aan Will Zalatoris; ’n 25-jarige opkomende ster wat as naaswenner uit die stryd getree het.

Feite moet egter nooit in die pad van ’n goeie storie staan nie en Sandler het hom Sondag voorspoed met die laaste dag se spel toegewens.

“Have fun today young man. Mr. Gilmore is watching you and very proud,” het Sandler op sy amptelike Twitter-rekening geskryf.

Zalatoris het ook tot die pret bygedra: Op een van sy gholfstokke is ’n sêding uit die rolprent (“Mr Gilmore, I’m your caddy”) gedruk.

“Ek het dit laat aanbring want baie mense dink ek is Happy se baljoggie!” het Zalatoris gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.