Kom luister na nog ’n ‘Agterblad’-episode

Foto: Verskaf.

Ná ’n week met net soveel nuus langs die veld as daarop, kom die “Agterblad”-span byeen om al die gebeure bespreek.

In die jongste episode word daar spesiale klem op die naweek se rugbywedstryde geplaas. Die Engelse Rose se strafskop in die doodsnikke wat die Springbokke gesink het, sowel as die Franse Hane wat teen die All Blacks koning gekraai het, word in die kollig geplaas.

Dan word die Katarese Grand Prix bespreek waar Lewis Hamilton gesorg het dat Max Verstappen se voorsprong op die jaerspunteleer na slegs agt punte gekrimp het.

Op die “Telbord” debatteer die span of 2021 ’n Springbok-sukses was, wie vir Ole Gunnar Solskjaer by Manchester United gaan vervang en of Fernando Alonso as een van die beste renjaers ooit beskou kan word.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.

Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.