AB besing Donovan se lof

Donovan Ferreira het reeds sy stempel op die SA20-toernooi afgedruk. Foto: Twitter via SA20-toernooi.

Die Joburg Super Kings se Donovan Ferreira het gister die lopiekrane teen die Durban Super Giants oopgedraai.

Die 24-jarige speler het 82 onoorwonne lopies vanaf 40 balle gemoker en hy het saam met Romario Shepherd (40 lopies) toegesien dat die Johannesburgers 190/6 in hul toegelate 20 boulbeurte kon aanteken.

ʼn Indrukwekkende telling; veral as ʼn mens in ag neem dat hulle kniediep in die moeilikheid op 27/4 ná ses boulbeurte was.

“Donovan Ferreira is nog ʼn ‘properse’ speler. Dit was ʼn ongelooflike beurt op ʼn stadige baanblad waar niemand vloeiende houe kon speel nie,” het AB de Villiers getwiet.

Ondanks Quinton de Kock  (78) en Kyle Mayers (39) se flinke openingsvennootskap van 98 het die Durbaniete stoom verloor om uiteindelik die wedstryd met 16 lopies te hensop.

Faf du Plessis verdien ook ʼn pluimpie vir sy kapteinskap.

Die voormalige Protea-leier het vertroue in sy Johannesburgse draaiers gehad nadat sy snelboulers gesukkel het. Selfs ʼn deeltydse bouler soos Reeza Hendricks (0/14) het uitgeblink om die tuisspan op die agtervoet te plaas.

  • Donovan Ferreira se T20-rekord: In 27 wedstryde het hy 621 lopies teen ʼn spoggemiddeld van 47,76 geslaan. Sy treftempo van 158,82 laat krieketliefhebbers ook regop sit.
  • Opsomming van telkaart:

Joburg Super Kings 190/6 in 20 boulbeurte: Donovan Ferreira 82*, Romario Shepherd 40 en Prenelan Subrayen 2/26.

Durban Super Giants 174/5 in 20 boulbeurte: Quinton de Kock 78, Kyle Mayers 39 en Alzarri Joseph 2/30.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Ferreira, Brevis, al klaar beter as huidige SA spellers in die T20 of 1 Day span.
Laat hulle speel al sukkel hulle, at least is hulle bloed jonk en Kan hulle maar foute maak en leer.
Die wat tans speel sukkel en hulle is klaar 30-35 so hulle het Nog nooit geleer nie.
Keurders moet begin verstaan, ons het niemand wat op die oomblik boulers oorheers nie.
Net n Miller en De Kock
Kies die outjies of at least sit hulle in die groep wat hulle die kultuur leer ken
As n reeks Dan verloor is kies hulle wat het jy om te verloor jy Kan net wen
Om net te speel vir die Titans, Warriors etc bring hulle niks in die sak nie
Want die boulers beteken niks

Watsenaam ·

Say no more. Of is hulle velkleur verkeerd.
There is no substitute for talent.

Hennie Biebouw ·

Klubkrieket in Suid-Afrika gedrunde die 80’s, 90’s en die eerste deel van die 2000’s, se standaard was hoër as Mamonse giggel krieket wat desedae so die plaaslike krieket oorheers. Voor jy met my begrin stry, gaan kyk hoeveel lopies die Proteas in hul laaste 10 toetsbeurte bymekaar kon skraap

George ·

Ek stem. Wat my meer skok is, is dat ons batting ons “sterk punt” behoort te wees aangesien ons local reekse se bowlwerk besonders swak is.

George ·

AB ek stem, ons het magdom talent, maar die talent perform ook net teen ons local bowlers, wat uiters swak is. Ja die ” overseas pro’s” is daar, maar dis nie jou Starc, Hazelwood, Broad, Anderson, Southee, Ashwin ens nie.

piet ·

Korrek George, local is lekker maar nie noodwendig wereldgehalte nie. Selfs die wonderkind, Baby AB se gemiddelde teen oorsese teenstand is maar power in hierdie stadium.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.